Ek het Poena is Koning gaan kyk. En ek dink nie dis kommin nie. Kru? Verseker. Amateuragtig geskiet? Sadly yes. Maar kommin? Nie in die minste nie. Dit vra nie om 'n kunsfilm te wees nie. Poena is Koning is so min kommin soos wat Sunlight Liquid of McDonalds kommin kan wees.
Sodra my akademiese werkslading ligter word (die einde is in sig), sal ek my nederige duit in die armbeurs oor Esterhuizen se flonkerende gou gans slinger. Dis toe ingewikkelder as wat ek gedink het.
Bosparra.com het my hulle blog van die week gemaak. Dankie ouens!