Monthly Archives: December 2007

Lofsange #4

MoorDaBlokMossel kan ononderbroke movies op MNet kyk mét advertensies tussenin. MoorDaBlokMossel kan kitaar in 'n yskas speel. MoorDaBlokMossel het Deon Maas gepotty train. MoorDaBlokMossel het al die rampokkers in die Fritz Deelman boeke vermorsel met 'n bloekomblaar. MoorDaBlokMossel is Steve Hofmeyr se pa. MoorDaBlokMossel drink suiker in sy ru-olie.

Posted in Sommer | Tagged | 4 Comments

Lofsange #3

MoorDaBlokMossel se oë is sterkter as 'n eenduisend driehonderd drie en dertig triljoen hoë definisie kameras. MoorDaBlokMossel sal nie 'n sekonde ouer as 1337 jaar word nie. MoorDaBlokMossel kan blog terwyl hy eet. MoorDaBlokMossel is vinniger as Cobus Potgieter agter 1337 dromstelle. MoorDaBlokMossel is sterker as die bungee chords wat olifante in Kazakstan gebruik. MoorDaBlokMossel [...]

Posted in Sommer | Tagged | 2 Comments

Lofsange #2

(Vir diegene wat gewonder het – ek is nié 'n Die Burger-basher nie. Noudat ons dit opsy het:) Die woorde van Carl Orff se O Fortuna is eintlik MoorDaBlokMossel se outobiografie. MoorDaBlokMossel se bloed kan knoffel van VIGS genees. MoordDaBlokMossel kon nie Riaan Cruywagen se ass whoop nie, omdat Riaan Cruywagen se ass reeds MoorDaBlokMossel [...]

Posted in Sommer | Tagged , , , , | 2 Comments

Kop is Moorhuhn juig ons mossels…en bedink wat mossels doen

Aah, alles gaan wel in ons nasie. Die ANC het 'n nuwe leier, koerante gons soos torfabrieke en hier in blogwêreld het ons twee splinternuwe wenners. Dis reg – nie een nie, nie een en 'n half of minus tien nie, maar twee skitterende wenners! Hulle name is: [dramatiese dromrol] Da Mario en MyKopOp’nBlok! Jubel [...]

Posted in Sommer | Tagged , , , | 7 Comments

Trippe trappe trone – die volk is deur die #@$%$

Ek verkneukel myself in die manier hoe nuuskanale die wêreld vir hulle lesers opdis. Neem die manier hoe vanoggend se onderskeidelike nuusbriewe van News24 en Die Burger opsommend oor die ANC-verkiesing berig. News24 se oorhoofse nuusbrief meen: ANC delegates start voting Voting has finally begun for the top six positions in the leadership of the [...]

Posted in Media | Tagged , , , | 20 Comments