StingyNet

wtf-n00b.jpgAs jy 'n definisie vir oormatige optimisme soek, gee jou woordeboek 'n blaaskans en lees gerus LitNet se vakaturebeskrywing vir 'n nuwe webmeester. Hulle vra:

Is jy 'n LitNet-aanhanger met 'n wakker belangstelling in Suid-Afrikaanse kultuur, die openbare debat, veeltaligheid en veral Afrikaanse boeke en musiek?

En versoek natuurlik die volgende kwalifikasies:

…’n deeglike kennis van HTML en [...] boonop kennis van Dreamweaver [...] Photoshop en [...] 'n begrip van Flash…

Hierdie goedbelese webmeester moet ook:

…in 'n span kan speel en 'n oog [hê] vir detail, sperdatums en tegnologiese vernuwing [en] met flair onder groot druk kan werk…

Maar dis nie al nie. Die persoon moet kan teken. En skryf:

…Jy sal grafiese elemente moet kan ontwerp en met 'n jazzy, vars skryfstyl LitNet se inhoud aan sy lesers kan bekend stel…

En as bonus:

…Jy sal administratiewe take moet verrig wat nodig is om die LitNet-masjien te laat loop; jy sal poskantoor toe moet draf!

Waarmee laat dit ons? 'n Veeltalige, kunstige, prosaïese, über-pligsgetroue erudiet met bomenslike intelligensie en 'n spontane sin vir kreatiwiteit. Daar is sulke mense – 'n mens noem hulle polimate.

A nee a, LitNet, dis nie hoe dit werk nie. Kry iemand vir die HTML (of WordPress of Joomla of wat ookal julle wil gebruik), iemand vir die grafika, stel een van julle eie skrywers (verkieslik 'n inhoudsredakteur) aan om elke maand 'n nuusbrief of twee te skryf en noem hulle 'n webspan. En stel 'n bode aan, sodat die webspan nie poskantoor (?!) toe hoef te hardloop nie.

This entry was posted in Media and tagged , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>