Wat gebruik jy?

recently-used-programs.jpgEk wil 'n nuwe meem te begin. Aan die regterkant is 'n skermskoot van die linkerkant van my Start Menu, met onder andere name van die mees onlangse programme wat ek gebruik het. Ter verheldering:

VLC media player: hierdie een is redelik vanselfsprekend. Ek kyk media hiermee. Die mees onlangse legger wat ek gespeel het, was The Simpsons 1913 {GONUBIE wants a pony}.avi

Bioshock: Rekenaarspeletjie. Die “spirituele” opvolger van System Shock II met onsaglike goeie grafika, intrigerende storielyn en 'n hele nuwe spin op etiek en moraliteit. Vir die tydjies van die dag wat ek tyd het om produktief te mors (meestal middagetes).

Notepad: Een van my gunsteling programme. Notepad is jaar in en jaar uit op my lysie, omdat ek konstant notas daarin maak, teks se formattering daarmee stroop of FAQs en readme’s daarmee oopmaak.

Jasc Paint Shop Pro 8: Ek gebruik PSP 8 veel meer vir photo editing as Photoshop, aangesien ek meer vertroud is met die interface. As jy iets hier sien, is die kans goed dat ek daarin daarmee gepeuter het.

Microsoft Office Word 2007: Myns insiens een van Microsoft se meer nuttige opgraderings. In die verlede het ek dit gebruik om opstelle mee te skryf; nou moet dit my tesis begin huisves.

Command Prompt: Vir vinnige sessies dir, netstat en ipconfig. Lekkerrrr. Daar is niks soos die ware Command Prompt nie. (Ja, ek mis DOS.)

Daarsy. En nou (hier kom die berugte woorde:) tag ek Die Pienk Zuit, Hugo, Da Mario en Roer. Wat is op julle spyskaarte? (Ignoreer as jy Windows 3.1 het.)

Waar is Salige Rus?

*edit* Die gedagte, terloops, is dat jy 'n screenshot neem en op jou blog sit *edit*

This entry was posted in Blogging and tagged . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>