Onder konstruksie

Dis tyd vir 'n facelift. As jy oor die loop van die naweek hier inloer en dinge lyk nie soos normaalweg nie, berus daarby dat ek en my spannetjie (wat natuurlik niemand anders as die stemme in my kop is nie) hard aan het timmer is.

Die header hierbo, byvoorbeeld, is die resultaat van 'n eksperiment met 'n program genaamd Total Video Converter gone horribly wrong (vandaar die swart strepe langs die kant). Ek kan om die dood nie uitpluis hoekom hulle daar is nie. Vir diegene wat omgee, ek het as volg te werk gegaan:

lagies-genot.jpg1. Ek het segmente van die ou header in Sony Vegas 8.0 gelaai, chroma keying daarop toegepas tot die donker gedeeltes heeltemal swart was (dus: RGB = 0 0 0) en toe met behulp van 'n mask die teks afgebaken om te lyk asof dit in die groot nul pas. Die nul is getrakteer met 'n sogenaamde TV Simulator-effek (begin) en Vegas se alombeminde Light Rays (einde). Die teks is met behulp van keyframes aan die beweeg gesit. Alles is toe gerender na 'n .avi.

huuuuge.jpg2. Nadat ek ons getroue vriend Total Video Converter gecrack het, het ek voortgegaan om die .avi na 'n animated .gif om te skakel. (Hier, terloops, het die pôpô die waaier getref.) Die gevolg was 'n massiewe .gif van ongeveer 16 meg met swart kantstrepe.

whoopee.jpg3. Die massiewe .gif is dadelik geoptimeer met JASC se Animation Shop 3 (dis oud, maar dit werk) na 'n minder vreesaanjaende 316 kb. Dis egter steeds onaanvaarbaar groot vir 'n header, maar ek is moeg gesukkel met 'n file format (.gif) wat ek probeer druk in rigtings waarin dit nie bedoel is nie (WordPress ondersteun ongelukkig nie Javascript of Flash nie, so dis die naaste wat ek tot dusver aan iets met beweging kon kom). As jy dus met 'n stadige internetverbinding sit, wag asseblief 'n rukkie en jammer vir die ongerief. Daar behoort steeds 'n header te wees, hy sal net aan die begin hakerig lyk namate hy deur jou telefoonlyn kom.

Die beeldkwaliteit is in elk geval nie te waffers nie. Ek oorweeg dit om met 'n .apng te begin speel, maar twyfel of enigiemand binnekort Firefox 3 se alpha gaan gebruik. Of WordPress dit ondersteun is natuurlik 'n volgende storie.

Idees, enigiemand?

This entry was posted in Blogging and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>