
Is ons almal nie maar soms soos tjokkertjies in stampkarretjies nie? Kindertjies wat dit geniet om ander triomfantelik te stamp, solank hulle net nie teruggestamp word nie. Ons wil krag hê, maar hou stilletjies al ons toerusting aan tydens piektye. Ons wil graag in tjailatyd by 'n obskure indraai op die hoofpad inkom, maar wil nie ander mense plek gee nie. Hel, ons soek fout met die land op elke denkbare terrein, maar wil niks doen om dit self beter te maak nie. En soms stamp ons sommer net omdat ons kan.
Wanneer laas het jy iemand gestamp?