Genugtig, mense, hoe het ons kubergemeenskappie nie gegroei nie? 'n Paar jaar gelede was daar 'n handjievol blogs, in 2006 het 'n paar bykomendes ontstaan, verlede jaar het 'n klomp ontpop, vanjaar nog meer – en dit hou net aan ontplof. Dis wonderlik. 'n Paar jaar gelede was daar weinig Afrikaans op die internet. Nou is ons besig om stelselmatig by te dra tot die grootste inligtingsnetwerk op aarde.
Ons deel 'n intellektuele ruimte met Blue Genes, digters en dwase. Mal.