‘Al ooit daardie oomblik beleef wanneer dit baie laat is, jy werk het wat doodeenvoudig moét klaar en jou bestaan rondom Marmitetoebroodjies en 'n halfgedrinkte Amstel in jou yskas sentreer? Ek het dit sopas bereik.
Soort van.
Soos 'n mens nou maar maak as jy keelvol is van studente wat Afrikaans met 'n kleinletter spel (I kid you not), haal ek mooitjies die Marmite uit, draai dit oop en word toe begroet deur die allervieslikste kleur. Ligbruin. Die Marmite is ligbruin. Skok! Griesel! Gruwel! Kan Marmite dan suur raak?
Toe sien ek vir die eerste keer die “Cheese” op die etiket raak.
Ek het kaasgegeurde Marmite ontdek. Dié tyd van die aand voel 'n mens 'n bietjie soos Livingstone wat oor 'n waterval struikel as jy dit regkry…