Die mees oorspronklike kop in die geskiedenis van kaas

‘Al ooit daardie oomblik beleef wanneer dit baie laat is, jy werk het wat doodeenvoudig moét klaar en jou bestaan rondom Marmitetoebroodjies en 'n halfgedrinkte Amstel in jou yskas sentreer? Ek het dit sopas bereik.

Soort van.

Soos 'n mens nou maar maak as jy keelvol is van studente wat Afrikaans met 'n kleinletter spel (I kid you not), haal ek mooitjies die Marmite uit, draai dit oop en word toe begroet deur die allervieslikste kleur. Ligbruin. Die Marmite is ligbruin. Skok! Griesel! Gruwel! Kan Marmite dan suur raak?

Toe sien ek vir die eerste keer die “Cheese” op die etiket raak.

Ek het kaasgegeurde Marmite ontdek. Dié tyd van die aand voel 'n mens 'n bietjie soos Livingstone wat oor 'n waterval struikel as jy dit regkry…

This entry was posted in Matieland and tagged , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>