Monthly Archives: May 2008

On behalf of the fool

Met apologie aan Gaunilo Mag ons nooit vergeet dat die bylswaaiers in die huidige xenofobiese aanvalle mense is nie. Mag ons hulle nooit met vae begrippe soos “boos”, “monster” of “ondier” brandmerk en die situasie betreur as die handewerk van ongesofistikeerde primate nie. Mag ons altyd onthou dat daar mense agter die kap van die [...]

Posted in Politiek | Tagged , , , | 13 Comments

Die paneel op die horison

Dis opwindend om na my eie webspasie te migreer, maar ek moet bieg – ek sluk swaar aan die gedagte om hierdie blog agter te laat. My grootste referrer tot op hede is byvoorbeeld niemand anders as die WordPress Dashboard nie, waar 1,076 verwysings al vandaan gekom het. Ek gaan dié klas verkeer van die [...]

Posted in Blogging | Tagged , , , , | 12 Comments

Vaarwel, Bertus!

Bertus! is onlangs saam met 'n vriend en 'n pizzaskyf buite die Swart Bul gewaar, waar hy Strafbare Manslag op sy eentjie gehelp het om gemesselde kallers in koeponvorm te verdien. Dit was dalk die laaste keer wat Bertus! sy erudisie sou uitbyt in die land van melk en xenofobie en daarom was dit 'n [...]

Posted in Blogging | Tagged , , , | 10 Comments

LitNet blogs – terug na die tekenbord

LitNet se blogs laat my tans dink aan die eerste drie reëls van Lit se “Miserable”: You make me come. You make me complete. You make me completely miserable. Die vergelyking is vanselfsprekend. Vir diegene sonder 'n blog lyk 'n LitNet-blog dalk aanloklik – dis immers 'n geleentheid vir “normale outjies” (soos Die Gestorwe Soldaat [...]

Posted in Blogging | Tagged , , , , , , | 26 Comments

Berugte berigte en dansmetaal

In “Ich Will” (ek wil) speel Rammstein die rol van bankrowers wat deur die media opgehemel word. Die video (‘n puik stukkie kinematografie) toon aan hoe hulle 'n bank binnestorm, gewelddadig beset en dan na buite gaan voor Christian “Flake” Lorenz (keyboardspeler) selfmoord pleeg en die bank in sy peetjie blaas met 'n eksotiese bom [...]

Posted in Musiek | Tagged , , , , , , | 15 Comments