The Offspring se agtste album, Rise and Fall, Rage and Grace, is vandag (16 Junie) landswyd beskikbaar in Suid-Afrikaanse musiekwinkels – soos oudergewoonte met kritiese, weldeurdagte lirieke. In “Hammerhead” is 'n spreker byvoorbeeld aan die woord wat eers 'n soldaat blyk te wees wat veg vir volk en vaderland, tot die einde van die lied aantoon hoe hy in werklikheid 'n leerlingskieter is. “Hammerhead” integreer 'n fragment van Psalm 23 toepaslik om 'n uiters ironiese nadraai aan die liriek te verleen.
Afrikaanse rockers kan baie leer by hierdie ouens – hulle is al vir 24 jaar aan die gang en bly steeds sosiaal relevant (jy kan immers net soveel keer sing oor hoe die middelklas jou bedrieg het voor jy afgesaag raak).
Luister hier na die album.
Opera 9.5 is vier dae gelede (12 Junie) beskikbaar gestel. Die sogenaamde “fastest browser on earth” bied 'n indrukwekkende aantal funksies, insluitende innoverende navigeringsfunksies vir die muis (gestures), ingeboude ondersteuning vir BitTorrent (Whoohoo!) en voice support wat blindes in staat stel om die web te gebruik. FireFox 3 het 'n stewige heuwel om te klim as dit voor wil bly in die webbladwedren. (As daar ooit so iets is, bygesê. Ek hou eintlik net van die woord.)
Laai dit hier af.
(Amper vergeet ek om melding te maak van Internet Explorer. Dit suier steeds voort.)