WordCamp 2008 om die draai

Gesien by Adii.

Op Saterdag 23 Augustus word WordCamp vir die eerste keer in Suid-Afrika aangebied. Dié geleentheid, vir diegene wat nie weet nie, is 'n dag gewy aan WordPress in al haar glorie, met bekende Suid-Afrikaanse bloggers en ander WP-kundiges wat oor ons almal se gunsteling stukkie sagteware kom praat – insluitende die befaamde Matt Mullenweg. Diegene van julle wat by WordPress.com blog, sal Matt dalk herken as een van die vriendelike gesigte wat WordPress-nuus in julle dashboards post.

Die geleentheid vind plaas in Kaapstad by The Wild Fig (in Observatory). As jy belangstel in WordPress, 'n self hosted blog besit of sommer net lus is om te hoor hoe klink Matt, kom maak 'n draai. Registrasie is gratis.

Van die os op die jas – WordPress 2.6.1 is onlangs vrygestel. Kry dit hier.

This entry was posted in Blogging and tagged , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>