Olimpiese spele – SA vrot verloorders

Welkom! As dit die eerste keer is wat jy hierdie blog raakloop en jy hou waarvan jy lees, oorweeg dit gerus om by my RSS-voer in te teken. Volg my gerus ook op Twitter. Dankie vir jou besoek!

Die algemene sentiment in Suid-Afrikaanse nuus en die plaaslike blogosfeer oor die olimpiese spele blyk dit te wees: Suid-Afrika het sover nog net een medalje gewen. Dit is skandalig en skokkend. Iets is duidelik fout. Wat kan daardie fout wees, hoe gaan ons dit regmaak en wie gaan ons daarvoor blameer?

Die Burger het byvoorbeeld die volgende opsies op ‘n meningspeiling:

  1. SA se sportsterre is net nie goed genoeg nie
  2. Sport word te swak geadministreer
  3. Daar word nie genoeg geld in sportontwikkeling belê nie
  4. Daar is te veel politieke inmenging in sport
  5. SA het belangriker dinge om op te fokus, soos sosiale ontwikkeling

‘n Bydraer by InTheNews.co.za dink dis net eenvoudig verkeerd om ‘n enkele medalje te kry:

I have come across many South African’s this weeks who have said that Coventry has four medals and not Zimbabwe. I find this to be very wrong!

Selfs die wêreld se grootste konglomeraat van intellektuele reuse reken daar is groot fout met die Suid-Afrikaanse olimpiese span en sy bestuur. Meen ene Anton Barnard:

Suid-Afrika het tot op hede nie eens één medalje by die Olimpiese Spele gewen nie. Armer en kleiner lande soos Zimbabwe het wel. Iets is duidelik fout met SA se sport.

Wat eintlik maar net een ding beteken: Suid-Afrika is ‘n vrot verloorder met ‘n baie breekbare ego. As dit so moeilik is om te erken dat ander lande eenvoudig beter as ons was, verdien ons om te verloor. Wat het geraak van goeie sportmanskap? Is dit regtig so ingewikkeld om terug te tree, die ander lande geluk te wens en sonder kwade gevoelens hard te gaan oefen vir die volgende spele?

Klaarblyklik.

(Vind die sarkasme in hierdie inskrywing en wen groot.)

Post to Twitter

23 Responses to “Olimpiese spele – SA vrot verloorders”

  1. “es: Sui” OMSAQ dit OOOOOOOOZE VAN sarqsm, waars my WINNINGS?!?!?!?

    :D ?

    Reply

  2. Dit is dieselle in local gaming, almal se egos is net eenvoudig te groot, “Ag pleez, noobs het gefeed.” Mense in ZA wil net nie admit as hulle verloor het nie, douchebags, kom ons almal gaan zim toe. Hulle het medals.

    :D ?

    Reply

  3. Ok, so ek het eers vandag besef dat SA net een medalje verower het. Dit het ek gesien terwyl ek die sync swemmers en die gimnastiek gekyk het…toevallig moet ek se, aangesien die joint nie sterk genoeg was nie…

    Anyway, Ethiopia(en ander afrika state)wen medaljes dink ek omdat daar ‘n kultuur van trots en geld gevestig is…Blyk nie selfde in Sa te wees nie…net geld en ego…

    Reply

  4. stefaans, moenie te opgewonde raak nie, ek het sogenaamd R50 e-mali gewen maaaaande terug al..

    daai beloftes is leeg sê ek jou, leeg.

    Reply

  5. (vra vir aventer, sy sal onthou, kugge kugge.. ;)

    Reply

  6. As ek reg onthou skuld jy my n foto daarvoor…

    Reply

  7. Ja Cobus…my plan is klaar aanmekaar gesit..ek moet nog net di regte kamervenster kry en my vrees vir die donker oorkom :evil: :lol:

    Oor die spele. As mens mooi gaan kyk sal mens sien dat hierdie jaar se SA span nogal jonk was. So give these guys a gap. Hulle moet nog experience opdoen en leer uit hul foute. Suid-Afrikaners wat moan oor die een medalje is net plein selfsugtig.

    O en Cobus…Big Sister is watching…

    Reply

  8. Die enigste goeie verloorder is iemand wat baie verloor.

    Reply

  9. Dalk is dit apartheid se skuld?

    Reply

  10. Gaan kyk by http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2381437,00.html en http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2381313,00.html en http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2381314,00.html en http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2381355,00.html .

    As jou ondersteuningstrukture eers vir jou ‘n groot vet middelvinger wys kan ek nie sien hoe jy kan / wil wen nie.
    Ek kry die span BAIE jammer.

    Reply

  11. Gaan kyk bietjie by http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2381437,00.html en http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2381313,00.html en http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2381355,00.html en http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2381314,00.html .

    As jou ondersteuningstrukture eers vir jou ‘n groot vet middelvinger wys kan ek nie sien hoe jy kan / wil wen nie.
    Ek kry die span BAIE jammer.

    Reply

  12. In 1996 het Josia Thugwane, ‘n random relatief onbekende Suid Afrikaanse myner, die Olimpiese goud gewen in die marathon. Hy’t nie regtig verskriklike backing van die regering of so gekry nie. Hy’t ook nie sakke en sakke vold geld gehad om voor te berei vir die Olympics nie.

    Wat ek probeer se is dit gan oor die atleet, nie oor wat die land vir die atleet doen nie. Heelwat van ons atlete oefen in die buiteland, hoekom is dit dan ons regering se skuld? Ons het net eenvoudig nie die nodige talent gehad om die medaljes in te reig nie. Om net deel te neem aan die Olimpiese spele is vir meeste mense oorgenoeg, maar ons soek natuurlik wenners! Dis net belaglik.

    Reply

  13. Jis bra, hoe gaan dit met die skoolhou?

    Reply

  14. skoolhou? hou jaco skool?? badass.
    ek gaan binnekort bietjie vir my broer kom kuier in die bos, vir so twee weke, is WOES opgewonde. gaan opcatch soos in die ouuuu dae.

    ekt vergeet van die foto.. hmmmm.

    Reply

  15. ONS MOET KUIER!!!! (die hoofletters en uitroeptekens moet ‘n aanduiding gee van hoe ernstig ek hieroor is!!! < — daai’s ook!)

    ons kan sommer die oorhandiging doen ;)

    Reply

  16. (yes, jaco proef.)

    Reply

  17. Ongelukkig word ons groot met sport op skool, selfs party op varsity en dan verder. Daar is ‘n sport-kultuur ingekweek in Suid-Afrikaners, daarom dat verloor nie lekker is nie…kyk nou maar weer na die uitjouery na Saterdag se Rugby. Ek dink werklik die administrateurs moet aan die onwikkeling van altete begin dink, eerder as hulle eie beursies. En ek dink jy gaan dit in elke sport vind. Was dit nie vir ‘n reuse Lotto-bydrae nie, was ons spannetjie heel moontlik nie eers in Beijing nie!

    Reply

  18. …..maar daar was R11 miljoen byvoorbeeld vir ‘n flop-uitstalling om 2010 te promoveer?

    Reply

  19. ik snap niet zo goed wat er belangrijk is aan olympische medailles… – winnen is mooi, verliezen is jammer, meer niet, toch?

    Reply

  20. Is al Zim se medaljes nie deur net een swemmer gewen nie. Hoe goed is die maatstaf? Want is net een talent.

    Maar daar was ander baie werkli agterlike lande, meer as ons met minder geld wat meer medaljes gekry het. daar is R11 miljoen aan ‘n uitstalling spandeer (hoe de hel?) en R9 aan die ontwikkeling van die span. Dit is swak (dom?) bestuur.

    Het ons nie dryfkrag nie? Ontstel die poltiek ons te veel. Ek wonder oor hoekom niemand kla oor die te swart sokkerspan nie bv.
    Sekerlik kan ons beter sokker speel (dit is ‘n goudpot van inkomste -kaatjieverkope lyk vir my goed, met meer geld aan ontwikkeling). Of fokus ons te veel op krieket, sokker en rugby (ons fokus omtrent net op dit) wat werklik tog vroue uitsluit.
    Hoekom kan ons nie handball, volleyball en boks en vele ander doen nie. Daar was ander Afrika-lande in die events!
    Wat het van ons goeie bokstradisie geword?

    Boonop is sport een van die beste maniere om jong mense te fokus en weg van misdaad te hou. Maar een ons ook fregatte!

    Reply

  21. Wat het van ons boks tradisie geword..?

    laat my dink aan die bokser wat na elke ronde voos geslaan in sy hoek by sy afrigter hoor hoe goed hy boks… en dat hy net moet vasbyt…

    Na die 7de ronde kon hy dit nie meer hou nie, hy vra toe sy afrigter om die skeidsregter biekie dop te hou want iemand is besig om hom verskriklik hard te slaan…!

    Ek dink dis wat met ons sportmanne tans gebeur.

    Reply

  22. was dat mike? :o )

    Reply

  23. schutte?

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled