Monthly Archives: October 2008

Regerings moet gaan! (‘n parodie)

Ek betoog vandag voor julle as die stem van Rede en vra dat ons die abominasie genaamd “regering” van die aardbol sal afvee. Julle mag dalk geskool wees in die antieke geskrifte van mal ou ooms soos Hobbes en Locke – julle mag dalk dink dat die natuurstaat een is wat ten alle koste vermy [...]

Posted in Godsdiens | Tagged , , , , , | 10 Comments

Napalm napalm so deur die bos, my kerk se hel kook lekker kos

Die begrip “hel” (soos wat dit gereeld nog deur die kerk gebruik word) het sy trefkrag so effens verloor, het dit nie? Toe dit ongeveer tweeduisend jaar gelede opgeteken is, het dit telkemale verwys na Gehenna – 'n brandende ashoop buite Jerusalem waar die samelewing se rommel sonder einde gebrand het. Wanneer Jesus die woord [...]

Posted in Godsdiens | Tagged , , , , , , , | 16 Comments

Ramfest ’08 DVD launch ‘n sukses

Ramfest 2008 se DVD launch by die Klein Libertas-teater [op Vrydag 24 Oktober - red.] was 'n rasende sukses (met die klem op raas). Battery 9 het op dieselfde aand hul nuutste album, Galbraak, bekendgestel met 'n goeie dosis industriële rock en aKing het die gehoor betower met nommers van hul eerste album, Dutch Courage. [...]

Posted in Musiek | Tagged , , , , , , , , , , | 5 Comments

Computermania hacked by Turks!

Gisteraand, in 'n effense slegte bui, kom ek op Computermania se webtuiste af – en toe’s dit gekuberkraak! Daar het selfs 'n liedjie gespeel: r0flma0z0rz! Ek is, terloops, besig om rond te snuffel vir 'n 22″ of 24″ LCD-skerm. Ek gaan dit na alle waarskynlikheid iewers by 'n groothandelaar aanskaf, maar dis altyd pret om [...]

Posted in Tegnologie | Tagged , , , , | 9 Comments

Haikoe vir die koue

vlieg is nes 'n braai as jy brand en afwaarts val stink jou vlees na vlam

Posted in Poësie | Tagged , , | Leave a comment