Blog vir geld: Afrigator se nuwe CPM-inisiatief

Afrigator, die kontinent se grootste blogsamevoeger (Engels: “aggregator”), het onlangs Adgator van stapel gestuur met ‘n baie aantreklike aanbieding vir Suid-Afrikaanse bloggers: CPM-gebaseerde blogadvertensies. (CPM, as jy gewonder het, staan vir “cost per thousand impressions”. Die M is ‘n Romeinse numeraal vir 1000.)

Die aanbod is eenvoudig: jy word betaal vir elke keer wat ‘n advertensie op jou blog vertoon word. Afrigator neem die een helfte, jy steek die ander helfte in jou sak. Hierdie benadering verskil heeltemal van ander plaaslike advertensiebedieniers (soos Offerforge en Trafficsynergy) se aanbiedinge, wat slegs uitbetaal as besoekers op die advertensie kliek en (meer as gereeld) ‘n transaksie met die adverteerder aangaan. Vanweë die huidige leemte in (veral Afrikaanse) plaaslike kontekstuele advertensies, soos Google se Adsense, is dit nie altyd ‘n suksesvolle sisteem nie.

Dit behoort interessant te wees om te sien of hierdie inisiatief volhoubaar is. Ek sien veral ook uit na Offerforge en Trafficsynergy se reaksies hierop. Gaan hulle meer mededingend raak? Hoe gaan hulle dit doen? Net die tyd sal leer.

Doen solank aansoek. Jy mag dalk net nie spyt wees nie.

Dankie vir almal se entoesiastiese reaksies op GME se eerste Potgooi! Daar is reeds ‘n lekker klomp nominasies vir die Silwer Ponie; ek sien baie uit na die volgende aflwering.

Post to Twitter

4 Responses to “Blog vir geld: Afrigator se nuwe CPM-inisiatief”

  1. @_@, hy johan offtopic nou maar cuil jy al?

    Reply

  2. Ek sien! Het gaat over de knikkers.

    Reply

  3. Wil jy nou meer! My ou plekkie is goedgekeur! Ek wil eintlik nie ‘n kommersiele afdeling hê nie, maar dit is lonend!

    Knikkers, inderdaad!!

    Reply

  4. Tolle Geschichte, Ich will mehr davon wissen. :)
    Liebe Grüße aus Deutschland.

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled