Vanweë 'n sameloop van omstandighede het ek die afgelope paar dae talle Afrikaanse musiekvideos gesien. Wat veral opvallend is van baie, sal ons sê, sokkietreffers, is dat daar 'n taamlike groot beheptheid met seks daarin weerspieël word. Musiekvideos het meermale 'n horde skraps geklede meisies wat suggestief lyfswaai en baie vreemde eufemismes vir enigiets onder die gordel. So is daar Robbie Klay se “Ra Ta Ta” (I shit you not), met hierdie liriek:
bokkie bokkie bokkie met daai rokkie aan
ek sê kom hier kom hier kom hier sien my wat’s jou naam
as jy dans dans dans word my bene blou en ek sê
kom hier kom hier kom hier ek wil dans met jou
ons gaan ra-tie-ta-tie-a-tie-ta-tie-o-aai-aai tot die hane kraai.
En High 5 se “La la-liedjie”:
wys vir my jou
lalalalalalalalalalalalalalala
wys vir my jou
lalalalalalalalalala la
Oulike metafore, né? Na die fliek gaan Sannie dus vir Jannie haar lala wys, waarna hulle sal ra-tie-ta-tie-a-tie-ta-tie-o-aai-aai tot die hane kraai (wat beteken hulle is pretty much screwed as hulle in die stad woon). Daar’s talle sulke fonemiese parafrases, maar ek sidder om hulle hier te aan te haal. Doen jouself eerder die guns en deurkruis Youtube met die sleutelwoorde “Afrikaans” en “kunstenaar”.
Die vreemdste vir my is hierdie een (die woorde, nie die sanger nie):
Ja, jy hoor reg. “Vryf jou lyf / vryf jou lyfie teen myne”.
WADDEFAARKINJOOS?
En dan wonder mense nog hoekom jong kindertjies mekaar ponkie-ponkie in toilethokkies.