Oogsuikergoed: Hoe Apple die wêreld betower met ‘n ei

As daar nou een maatskappy is wat dit regkry om mense mildelik te breinponkie, is dit Apple.

Ek werk sedert verlede maand op ‘n Mac. OS X is in talle opsigte ‘n uitmuntende bedryfstelsel – ek waardeer veral die window handling met exposé en spaces sowel as die mouse gestures – maar in talle opsigte raak dit irriterend om te werk met sagteware wat (in my beskeie opinie, in elk geval) jou soms nie toelaat om dit te beheer nes jy wil nie.

Ek wil byvoorbeeld die irriterende menubar aan die bokant kan afstel. Ek wil windows van enige kant af kan resize. Ek wil nie ‘n window voor my sien met ‘n ander een se menu bo hom nie. En liewe hemel, ek wil shooters daarop kan speel. Met ‘n RMB.

Die waarheid is natuurlik dat elke bedryfstelsel sy voor- en nadele het. Om een op te hemel bo die ander raak vinnig ‘n futiele oefening. Wat wel opvallend is, is hoe Apple veral op die estetiese sy van hul programmatuur hamer. Dis net shadows hier, animasie daar en transparency oralom. Gewoonlik word hierdie eienskappe gebruik om te bewys hoe Windows saai en vervelig is, in teenstelling met die soomlose en gesofistikeerde Apple-produk (vandaar die bekende “I’m a PC, I’m a Mac”-advertensies). Wat Apple nalaat om almal te vertel, is dat die programmeerders wat OS X ontwikkel presies weet waarvoor hulle besig is om kode aanmekaar te slaan. Elke reeks Mac’s wat op die mark kom, het identiese hardeware.

Microsoft sit met die uitdaging dat elke Windows-gebruiker ‘n verskillende rekenaar gaan hê, met parte wat programmeerders soms van geen kant af sal ken nie. Windows moet funksioneer op sowel Ouma se 80468 met 128 MB RAM as die bleeksiel se waterverkoelde Core 2 Quad met die liggies in die p1mp3d case. OS X, daarenteen, is geskryf vir ‘n baie spesifieke (gewoonlik kragtige) stel hardeware. Natuurlik sal dit beter lyk. Dis aansienlik moeiliker (en onregverdig teenoor Ouma) om grafiese funksies soortgelyk aan OS X se exposé as verstekopsie by Windows in te bou, aangesien nie almal hardeware gaan hê wat dit kan ondersteun nie.

OS X is ‘n goeie bedryfstelsel, maar dis nie die beste ding sedert gesnyde brood nie. Stroop die grafika weg en dis maar net nog ‘n manier om resources te bestuur en data te manipuleer.

Hoe meer ek daaroor oplees en videos daaroor kyk, hoe meer tel ek ‘n tendens by Steve Jobs en kie op om Apple-produkte se funksionaliteit uit proporsie te blaas. Neem die iPod. Dis niks meer as ‘n Flash drive met ‘n audio jack en ‘n paar knoppies nie, maar sodra Jobs ‘n nuwe funksie daarvoor by ‘n konferensie aankondig (gewoonlik iets eenvoudig soos ‘n LCD-skerm), word hy met dawerende applous begroet asof hy pas die planeet se hongersnood opgelos het.

Dit verander niks aan die feit dat hy ‘n LCD-skerm aangekondig het vir ‘n flash drive met ‘n audio jack en ‘n paar knoppies nie. Dis oulik, maar nie juis aardskuddend nie. Dieselfde geld vir produkte soos die iPhone (‘n smart phone met ‘n touch screen…sonder Flash support) en Apple TV (‘n boks met ‘n wireless receiver wat HD-materiaal op compatible devices kan speel). Dit blink. Whoo. Hoo.

‘n Halfering van CPU’s se transistorgrootte (tans op 45 nm) binne ‘n maand, die ontwikkeling en massaproduksie van holografiese stoorspasie, kunsmatige intelligensie wat emosie foutloos kan simuleer of algoritmes wat ‘n geneesmiddel vir VIGS kan help ontwerp – dít sal baanbrekend wees. Maar oogsuikergoed?

Hoe het Apple dit reggekry om die wêreld gaande te maak oor oogsuikergoed?


[youtube KsKKQNZG3rE&NR=1]

Post to Twitter

This website uses IntenseDebate comments, but they are not currently loaded because either your browser doesn't support JavaScript, or they didn't load fast enough.

26 Responses to “Oogsuikergoed: Hoe Apple die wêreld betower met ‘n ei”

  1. hehe.

    “…mildelik breinponkie…”

    Die mooiste uitdrukking wat ek in jare gehoor het. Goeie werk, Twat! :)

    Jy het wel ‘n paar baie goeie punte beet. Veral oor die iPod (ek het nou persoonlike ervaring met daai fantastiese stukkie breniponkie). En ek sal ook nie die eerste een wees wat kan sê dat Mac software (bv. iTunes) net ‘n kopseer is op ‘n PC.

    /me loer na haar iPod en sug

    Reply

  2. kyk, ipods is cute. apple tv’s en iphones ook. hulle vervul ‘n nuttige funksie in onderskeie nismarke. wat my egter persoonlik…hoe sal ek nou seg…irriteer…is hoe die goed van die mees overhyped en overpriced produkte in die digitale mark is wat jy kan kry. die iphone, for example, support nie mms nie, kan nie videoconferencing doen nie (want hulle het die frikkin kamera aan die AGTERKANT gesit, wtf were they thinking??), support nie flash nie (WTF, dis ‘n SMART PHONE!) en het ‘n glasskerm wat baie vinnig kan kraak as dit ‘n paar keer val. die qwerty touch keyboard sukkel om met enigiets as ‘n enkele vinger te tik.

    all in all is dit ‘n cute produk, maar die manier waarop apple dit hype en fanbois dit opvreet, is absurd. the same goes for os x. macs gebruik deesdae intel hardeware, maar jy betaal ongoddelik duur daarvoor. macs kan jou meer as R30 000 kos in SA, en al wat jy basies kry is dieselfde hardeware wat jou minder as ‘n derde van die prys sou kos as jy ‘n pc gekoop het – en ‘n overhyped operating system.

    dit beteken in wese maar dat jy deur jou nek betaal vir ‘n OS. die ironie: as mense duur moet betaal vir vista, kla hulle. as hulle duur(der) moet betaal vir macOS, vra hulle nie vrae nie.

    Reply

  3. Johan, self MS erken nou Vista is gemors. OS X se ver ek verstaan is op UNIX gebasseer. Dus gee ek dit die voordeel van die twyfel al het ek dit self nog nie gebruik nie. Ek het jare terug op Mac gewerk en dit nogal beter gevind as windows. Dat dit duur is stry ek nie, maar wat produkte oorverkoop aan betref het MS die boek geskryf.

    Reply

  4. yup, unix.

    thing is, dit gaan nie hier vir my oor windows nie. ek kon netsowel linux gebruik het (dieselfde argument geld – hulle weet ook nie wat die end user se hardeware is nie). ek probeer nie spesifiek ‘n argument vir windows maak nie.

    het jy ‘n link waar ek kan lees hoe hulle dit erken? dit behoort nogal interessant te wees.

    Reply

  5. Niemand kritiseer my iPod nie!! Nou is die streep duidelik in die sand getrek! Bloed gaan vloei! Wat is daar beter as daardie uiters sigbare wit kabeltjies in jou ore? Niks is beter stabiel nie!

    Reply

  6. twee stelle sigbare wit kabeltjies?

    Reply

  7. Toutologies, twee stelle sigbare wit kabeltjies!

    Reply

  8. Ek gebruik Ubuntu Linux. Mense wat die nuutste service packs van Vista het, kan die probleme wat hulle het op een hand tel. Ek het net twee probleme, en een van hulle is as gevolg van Kodak hardeware… ek kan nie vanaf ‘n Kodak kamera foto’s aflaai nie.

    Ek weet dis nuttelose informasie, maar ek het vir Johan lanklaas gesien en toe moes ek maar op sy blog ‘n comment los…

    Leka vakansie Johan!

    Reply

  9. jy ook!

    Reply

  10. Ek is te geskok oor die kritiek teen Mac OS X dat ek eers vir ‘n oomblik sal moet gaan lê met ‘n nat lappie. Wat ek wel kan sê my liewe, liewe mens, jy is so, so, so verkeerd.

    Reply

  11. laaf hom! iemand, laaf hom!

    /me spuit reukwater

    Reply

  12. Ai… kyk nou hoe reageer ‘n man as jy sy operating system kritiseer…

    Emil..oor die iPod… Ek is SMOORVERLIEF op myne. My pragtige stukkie swart tegnologie maak my lewe in die laboratorium draagbaar (die saaiheid van ‘n hele dag se intense konsentrasie op allerhande borrelende buisies en groeiende organismes word darem verbreek deur die soete klanka van my gunsteling geraas in my ore).

    Maar, so lief soos ek is vir hom (haar…dit…ek het darem nog nie geslag en persoonlikheid aan myne toegeken nie…) moet ek net bietjie ontevredenheid uitspreek oor van die afwerking. Myne is al twee jaar oud, ek gebruik dit elke dag maar mishandel die ding darem nie. Tog, na ongeveer 8 maande het die ikoniese wit kabeltjies lelik begin aftjop. Ek moes hulle na die eerste jaar vervang met JVC oofone (wat ook wit is en 4 verskillende attachments het om elke oor te pas) teen ‘n fraksie van die prys om die oorspronklike iPod s’n.

    Ek weet ek het iPod gekies wanneer ek enigiets anders kon gehad het, deel agter die naam en die hype, maar ook omdat ek geglo het ek koop die beste. Ek kla nie, myne werk nog 100% (ek het meer probleme in die begin gehad as wat ek nou het).

    ‘n Ander punt…wanneer jy ten duurste jou iPod aanskaf, kom die ding nie eers met die iTunes sagteware nie. Jy moet maar self by ‘n komper uitkom en dit aflaai van die website af… (of het dit intussen al verander?)

    Reply

  13. So, sal ek nou maar ‘n stuiwer in die armbeurs gooi?

    Wel, kom stel die saak so: Apple is slim. Moerse slim. Hulle is besigheidsingenieurs voordat hulle tegnoloë is. Apple was nie verniet die laaste 3 jaar in die top 3 mees innoverende maatskappye in die wêreld nie (trust me on that one, my “tesis” gaan juis daaroor). Dit gesê, is hulle waarskynlik van die beste tegnoloë in die game. Hulle gebruik hul eie produkte om vir hulself nismarkte vir nuwe produkte te skep. Ek ken iemand met ‘n AppleTV… en dit werk ongelooflik goed as jy nog twee Mac’s in die huis het. Wat niemand het nie. Maar hulle het, so vat maar net my woord daarvoor.

    Die iPhone het sy falinge, maar dis waarskynlik die mees revolusionêre stukkie hardeware in die laaste 10 jaar. As jy hom gebruik in omgewing waar hy al sy tricks vir jou kan wys. En tans is SA nie so ‘n plek nie.

    Johan, ek hoor presies wat jy sê oor die Mac-software-for-Mac-hardware. Ek dink egter nie jy kan dit as kritiek gebruik nie. As meer mense dit gedoen het, sou die persentasie doodgelukkige rekenaargebruikers baie hoër gewees het Dis egter nie baie ekonomies nie, en vandaar die prys. Hulle omseil egter daai pryskwaal deur sex-appeal by die krag en stabiliteit wat hulle deur die harde- en sagteware kombinasie bereik, te voeg. En saam werk dit as ‘n produk. It sells man…

    O ja, ‘n ander upshot daarvan om jou eie hardware vir jou software maak is dat jy self die specs bepaal… al ooit ‘n medium of low-spec’d Mac gesien? Hulle bestaan fisies nie. Laaste voordeel van harde- en sagteware kombinering wat ek wil noem is juis daai soomlose integrasie. Glo my, julle moan oor iTunes en iPods op Windows… dis ‘n totale ander wêreld op ‘n Mac.

    Laaste opmerking in ‘n ridiculously lang comment (maar jeez, jy het daarvoor gevra):

    Soos jy tereg opmerk, maak dit nie eintlik sin om OS X en Windows te vergelyk nie, en nie net omdat OS X in ‘n ander liga is nie (hehe). My eerste 2 weke op OS X was ook frustrerend omdat ek soos ‘n Windows-user gedink het (en hiermee sê ek nie jy is stupid nie, Johan. ek verwys na my eie ervaring)… sodra jy net eers inkoop op Mac se workflows is dit loshande die beste computing experience denkbaar. Moenie worry oor hoe jou files self lyk nie, laat iTunes, iPhoto en kie al die werk vir jou doen.

    By the way, werk jy tans op Tiger of Leopard?

    Jammer as hierdie nou ietwat aan die liriese kant is, maar dis wat gebeur as jy terugkyk op jou eerste 10 maande op ‘n Macbook Pro met OS X Leopard. Jy besef nogals weer watse bevange masjien dit is. ;) O ja, die enigste manier om een van hulle masjiene te bekostig is om ou voorraad op ‘n student special te koop net voor die nuwe models inkom. My ekwivalente laptop kos tans R24k by Digicape… notafok gaan ek daai betaal nie.

    Laaste comment… die beste manier om na tegnologie te kyk is om die beste oplossing vir elke probleem aanmekaar te probeer sit. En daai probleem sluit gewoonlik begrotingsbeperkinge in… so koop wat jy kan bekostig, wat die beste waarde vir jou geld gee, en waaruit jy die meeste kan haal. Jy moet die goed vir jou laat werk, anders kon jy maar netsowel jou geld vir my gegee het. Dalk moet jy anyway… ek soek R24k.

    Reply

  14. By the way, daai was lekker… ek blog sommer weer.

    Reply

  15. Promises…promises…. ;)

    Reply

  16. Ai vat Henno die woorde uit hierdie perd se bek uit. Dit gaan oor besigheid hier, en uiteindelik oor geld maak en innovasie in die werkplek is deesdae die kragwoord…met Apple aan die voorpunt as een van die bestes. Hulle maak hulle produkte so appealing dat hulle jou MAAK wil uithardloop en een koop, bv enige een met die geldjie gaan eerder ‘n iPod as ‘n soortgelyke produk koop, juis omdat hulle aan die voorpunt van die innovasie was!

    Reply

  17. Henno – Baie dankie vir ‘n goeie comment :)

    Ek stem grotendeels met jou saam. Apple is uiters slim, veral wat hul bemarking aanbetref. Die ding is, I just don’t buy it. Dis die nadeel van iemand wat taal swot en in die reklamebedryf werk – we see through the bullshit ;)

    Juis omdat ek grotendeels met jou saamstem, het ek begin deur te skryf dat OSX ‘n uitmuntende bedryfstelsel is. En dit is – wat die actual GUI aanbetref beat dit Windows met ‘n long shot (behalwe vir die menu bar, wat my grensloos irriteer).

    Dis natuurlik belangrik om te onthou dat hierdie post in die bree oor Apple-produkte gaan. My punt met die Mac (wat op al die ander produkte van toepassing gemaak kan word) is egter juis dat dit ‘n uitmuntende OS het, maar dat daardie OS nie die sewentien keer meer uitmuntend is soos wat hul reklameveldtog dit afmaak nie.

    Dis flippen goed, maar dis nie fokkenongelooflikkakgoed nie. Stry? ;) I mean its an OS – dis nog steeds supposed om die backseat in te neem en seker te maak die enjin run, nie my tande vir my te borsel nie. Apple maak asof dit laasgenoemde kan doen.

    En dis my probleem met Apple-produkte oor die algemeen. Vir letterlik presies dieselfde hardeware betaal ‘n mens letterlik soms tien keer meer – net omdat daar ‘n appeltjie pryk. Dis absurd. Ek het gister byvoorbeeld ‘n ad gesien in die koerant vir ‘n 4 gig Ipod met ‘n LCD screen – R3000. Net langs dit, seker nie 20 pixels weg nie, was ‘n ander brand se media player – ook 4 gig, ook ‘n nice design, ook ‘n LCD skerm – R300.

    That’s just bullshit.

    En seg ‘n mens dit vir die fanbois, skryf hulle: “ja, maar Apple is net beter”. Vra jy hoekom, raak hulle ontstoke.

    I mean come on.

    So in ‘n nutshell, ek bash nie OS X nie. (As daar ‘n manier was om Windows en OS X te merge, btw, het ek dit gekoop.) Ek bash die fluff wat Apple gebruik om hul produkte vir tien keer die prys van ekwivalente toestelle te verkoop.

    Reply

  18. Demoerin – Dat hulle innoverend is, stry ek nie. But once again – die innovering word myns insiens buite proporsie geblaas.

    Van die os op die jas: geluk :)

    Reply

  19. Dankie.
    Dit is tog maar waar die wondere van die bemarklingsbedryf inkom. Daagliks stap mense by winkels in, en dan weer uit met goodies wat hulle nie regtig nodig het nie/of nie regtig beter as ‘n ander produk op die mark is nie. Almal dink ongelukkig nie oopkop oor die saak nie en dit is hoekom die advertensiebedryf biljoene ‘n jaar genereer, dit is hulle werk om te verseker jy koop hulle kliënte se produkte.

    Reply

  20. dalk is OS se X-faktor dat dit nie soos werk voel wanneer jy stuff op hom doen nie. hulle kry dit nogals reg om swaarkry met lekkerkry klaar te kry.

    of dalk is dit net die über-nerd in my wat so voel.

    Reply

  21. ek het absoluut geen kennis in verband met die tegnologie nie, maar ek moet sê, ek het nie geweet apple doen comedy shows nie. bwahahahahaha

    Reply

  22. ek neem aan jy verwys na die video? ;)

    Reply

  23. Natuurlik verwys ek na die video. Ek het nog net eenkeer so lekker gelag vir ‘n video, en dit was vir Jeff Dunham. Well done Apple!

    Reply

  24. jip

    Reply

  25. Oh, jammer vir die dubbele comment, my PC het bietjie akkies aangejaag. :*)

    Reply

  26. [...] voorheen genoem, werk ek bedags op ‘n Apple Mac. OSX is steeds nie vir my te watwonders nie (hoewel ek exposé nogal in Windows 7 sal waardeer) en die peperduur Cinema Display se staander kan [...]

Leave a Reply

CommentLuv Enabled