Oogsuikergoed: Hoe Apple die wêreld betower met ‘n ei

As daar nou een maatskappy is wat dit regkry om mense mildelik te breinponkie, is dit Apple.

Ek werk sedert verlede maand op 'n Mac. OS X is in talle opsigte 'n uitmuntende bedryfstelsel – ek waardeer veral die window handling met exposé en spaces sowel as die mouse gestures – maar in talle opsigte raak dit irriterend om te werk met sagteware wat (in my beskeie opinie, in elk geval) jou soms nie toelaat om dit te beheer nes jy wil nie.

Ek wil byvoorbeeld die irriterende menubar aan die bokant kan afstel. Ek wil windows van enige kant af kan resize. Ek wil nie 'n window voor my sien met 'n ander een se menu bo hom nie. En liewe hemel, ek wil shooters daarop kan speel. Met 'n RMB.

Die waarheid is natuurlik dat elke bedryfstelsel sy voor- en nadele het. Om een op te hemel bo die ander raak vinnig 'n futiele oefening. Wat wel opvallend is, is hoe Apple veral op die estetiese sy van hul programmatuur hamer. Dis net shadows hier, animasie daar en transparency oralom. Gewoonlik word hierdie eienskappe gebruik om te bewys hoe Windows saai en vervelig is, in teenstelling met die soomlose en gesofistikeerde Apple-produk (vandaar die bekende “I’m a PC, I’m a Mac”-advertensies). Wat Apple nalaat om almal te vertel, is dat die programmeerders wat OS X ontwikkel presies weet waarvoor hulle besig is om kode aanmekaar te slaan. Elke reeks Mac’s wat op die mark kom, het identiese hardeware.

Microsoft sit met die uitdaging dat elke Windows-gebruiker 'n verskillende rekenaar gaan hê, met parte wat programmeerders soms van geen kant af sal ken nie. Windows moet funksioneer op sowel Ouma se 80468 met 128 MB RAM as die bleeksiel se waterverkoelde Core 2 Quad met die liggies in die p1mp3d case. OS X, daarenteen, is geskryf vir 'n baie spesifieke (gewoonlik kragtige) stel hardeware. Natuurlik sal dit beter lyk. Dis aansienlik moeiliker (en onregverdig teenoor Ouma) om grafiese funksies soortgelyk aan OS X se exposé as verstekopsie by Windows in te bou, aangesien nie almal hardeware gaan hê wat dit kan ondersteun nie.

OS X is 'n goeie bedryfstelsel, maar dis nie die beste ding sedert gesnyde brood nie. Stroop die grafika weg en dis maar net nog 'n manier om resources te bestuur en data te manipuleer.

Hoe meer ek daaroor oplees en videos daaroor kyk, hoe meer tel ek 'n tendens by Steve Jobs en kie op om Apple-produkte se funksionaliteit uit proporsie te blaas. Neem die iPod. Dis niks meer as 'n Flash drive met 'n audio jack en 'n paar knoppies nie, maar sodra Jobs 'n nuwe funksie daarvoor by 'n konferensie aankondig (gewoonlik iets eenvoudig soos 'n LCD-skerm), word hy met dawerende applous begroet asof hy pas die planeet se hongersnood opgelos het.

Dit verander niks aan die feit dat hy 'n LCD-skerm aangekondig het vir 'n flash drive met 'n audio jack en 'n paar knoppies nie. Dis oulik, maar nie juis aardskuddend nie. Dieselfde geld vir produkte soos die iPhone (‘n smart phone met 'n touch screen…sonder Flash support) en Apple TV (‘n boks met 'n wireless receiver wat HD-materiaal op compatible devices kan speel). Dit blink. Whoo. Hoo.

‘n Halfering van CPU’s se transistorgrootte (tans op 45 nm) binne 'n maand, die ontwikkeling en massaproduksie van holografiese stoorspasie, kunsmatige intelligensie wat emosie foutloos kan simuleer of algoritmes wat 'n geneesmiddel vir VIGS kan help ontwerp – dít sal baanbrekend wees. Maar oogsuikergoed?

Hoe het Apple dit reggekry om die wêreld gaande te maak oor oogsuikergoed?


This entry was posted in Tegnologie and tagged , , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>