In my soektog na 'n gangbare 24 duim-skerm het ek tot dusver twee dinge geleer:
1. Soos die res van Suid-Afrika is ek nie ryk genoeg om iets anders as 'n standaard TN-skerm aan te skaf nie. Ek sal dus nie 'n perfekte beeld sien wanneer ek uit die dak van Huis de Villiers hang teen 'n hoek van 160° om my skerm se viewability te toets nie.
2. Al is die wêreld besig om in 'n ekonomiese plooidal neer te stort, is daar steeds 'n klomp kapitaliste wat geld uit die mensdom probeer tap. Case in point:
Shopmania.co.za se bostaande aanbod van die HP W2408H is gebaseer op die data van twee verskillende rekenaarverskaffers. Aangesien ek die afgelope paar weke by talle winkels was om pryse te vergelyk, kan ek daarvan getuig dat dit rofweg die standaardprys in Suid-Afrika is. Die gemiddelde prys lê iewers tussen R5000 en R6000, wat natuurlik beteken dat die kosprys aansienlik laer is. Beskou nou die volgende aanbod van Wantitall.co.za, :
Dis presies dieselfde produk vir nagenoeg dubbeld die gemiddelde prys (met 'n taamlike trae afleweringstyd van tot twee weke daarby). Trouens, die enigste verskil tussen hierdie identiese aanbiedinge is dat die duur een 'n prentjie van 'n blommetjie het.
Dis nie 'n unieke geval nie. Ek het WantItAll op die proef gestel deur vir verskillende skerms te soek en dit met ander aanbiedinge te vergelyk: almal was deur die bank dubbeld so duur soos dié wat in ander winkels verkoop word. (Vergelyk byvoorbeeld die resultate vir die Samsung 2493HM by Shopmania en Wantitall).
Praat van ripoffs.

