Studiemetodes: chew on this

‘n Studiehandleiding stipuleer:

Baie kenners reken die beste manier om te onthou wat jy lees, is die VV-LHOH-metode. Dit behels eers 'n Voorskou en be-Vraagtekening van jou leerwerk gevolg deur Lees, Herkou, Opsê en Hersien. (In Engels word dit kortweg die PQ4R-metode genoem — vir Preview, Question en vier woorde wat almal met 'n ”r” begin: Read, Reflect, Recite, Review.)

(Mieliestronk)

Met die eerste oogopslag lyk dit na 'n redelike proses – neem die werk oorhoofs in oënskou, bevraagteken dit (dit wil sê, dink krities daaroor en besluit of dit sin maak al dan nie), lees dit dan noukeurig deur, dink daaroor na, sê dit hardop en maak seker jy ken dit.

Iets pla egter. Kyk weer:

Preview –> Question –> Read –> Reflect –> Recite –> Review

Die kognitiewe treintjie ontspoor by die tweede nodus. Hoe volg 'n mens stappe 3 tot 6 as stap 2 (bevraagtekening) jou tot die insig bring dat die betrokke materiaal foutief is? Hoekom dan nog aangaan om die werk te lees, herkou, op te sê en te hersien as dit nie sin maak om mee te begin nie?

This entry was posted in Sommer and tagged , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>