Afrikaanse blogsensus: kom ons beplan
My tesis (dit moet in oor ‘n jaar) benodig broodnodige inligting oor die Afrikaanse blogosfeer. Data oor Afrikaanse bloggers se sosio-ekonomiese omstandighede, geslag, ouderdom en bloot die aantal Afrikaanse blogs is nie tans (na my medewete) beskikbaar nie. Daar is natuurlik die onlangse News24 blog survey, maar dit neem taal nie ten volle in ag nie (almal het nie deelgeneem nie). Sodanige getal kan in elk geval nooit staties wees nie, aangesien die (onbekende) aantal Afrikaanse bloggers gedurig groei.
Ek het ‘n paar instansies probeer nader om hulle data met my te deel. WordPress.com was hoflik, maar wou ongelukkig nie hierdie soort data publiek maak nie. Blogger besit dit eenvoudig net nie. LitNet blogs was tot dusver nog die vriendelikste (dankie, Melt) en is die enigste instansie wat vir my skroomloos statistieke kon gee. (Justin Hartman van Afrigator was tot dusver ook baie behulpsaam, hoewel hulle nie tans oor die Afrikaanse syfers beskik nie). Blat en iBlog moet ek nog nader. Die afwesigheid van die groot (Amerikaanse) kanonne beteken egter dat, selfs al reageer laasgenoemde, die syfers nie akkuraat sal wees nie.
Wat nodig is, is ‘n projek waaraan almal kan saamwerk. Ek is tans besig om ‘n raamwerk op te trek (“probeer optrek” is eintlik ‘n beter beskrywing) van ‘n platform waar hierdie data kan akkumuleer. Ek gaan dit nie op my eie kan doen nie en gaan elke liewe een van julle (ook almal wat nooit hierdie inskrywing gaan lees nie) se hulp nodig hê om dit suksesvol reg te kry. Enige voorstelle hoegenaamd sal waardeer word. Dis nie “my” projek nie – ek begin iets omdat ek agter sekere data aan is, maar op die ou end van die dag behoort die data aan almal.
Ek weet reeds van die volgende platforms waarop Afrikaanses woer (om Flippiefanus se oulike terminologie te gebruik):
- WordPress.com
- WordPress.org (Self hosted)
- Blogger
- Blat
- iBlog
- Myspace
- LitNet
- News24
Weet jy van nog? Enige voorstelle hoe om hulle in die hande te kry en van tyd tot tyd te tel?


‘n Magtige taak! Ek dink jy sal die “tekortkominge” van die getalle in jou metodologie moet uitwys, en dan maar gesonde aannames moet maak opgrond van die bestaande inligting wat jy het. Uiteraard gaan jy mos eerder ‘n teorie formuleer as ‘n wet
Ek is reeds seker dat jou hipotese veel meer op feit gegrond sal wees as geloof
Reply
Jy’s heeltemal reg – dis ‘n magtige taak vir een persoon. Ek beplan nie om dit op my eie te doen nie. Inteendeel. ‘n Mate van crowdsourcing sal handig te pas kom.
Kan jy aan nog sites dink waar mense blog?
Reply
Wat van facebook en mychurch.org?
Reply
Dankie, freddiescoffeebar!
Reply
Het jy ‘n afdeling vir die tipe blogger-mense wat kommints delete en net kommints van hulle keuse toelaat?
En kommintors delete waarmee hulle, die blogger-mens, nie saam stem nie?
Terloops, weet jy dalk of Neil Kroese vir my kwaad is?
Want hy spam-filter my, so ek het my vraag aan hom geblog by http://neilkroese.wordpress.com
Reply
Johan Swarts Reply:
December 20th, 2008 at 10:47 am
dit sal die community se probleem wees. as hulle een soek, most probably. (indien ek so ‘n model gebruik, bygesê.)
jy sal hom maar self moet vra.
Reply
Johan Swarts Reply:
December 20th, 2008 at 10:47 am
dit sal die community se probleem wees. as hulle een soek, most probably. (indien ek so ‘n model gebruik, bygesê.)
jy sal hom maar self moet vra.
Reply
Botha, jy verg ‘n studie op sy eie
Reply
My name is Botha (as in Earl) Reply:
December 20th, 2008 at 9:15 pm
‘n blog studie of ‘n shrink studie?
Reply
My name is Botha (as in Earl) Reply:
December 20th, 2008 at 9:15 pm
‘n blog studie of ‘n shrink studie?
Reply
Ons dose is maar dom, maar ons help waar ons kan. Al is dit dan net om almal wat regtig iets doen se glase vol te hou. Of af en toe ‘n vuilerige grappie te vertel. Of die girls se skouers te masseer. Skree maar net!
Reply
Johan Swarts Reply:
December 22nd, 2008 at 6:39 pm
dankie! ek sal op julle knoppie druk.
Reply
Johan Swarts Reply:
December 22nd, 2008 at 6:39 pm
dankie! ek sal op julle knoppie druk.
Reply
Mmmm, dit sal nogal interessant wees om so ‘n studie se resultate te sien. ‘n Moerse job wat jy hier aanpak!
Reply
Johan Swarts Reply:
December 22nd, 2008 at 6:40 pm
solank as wat dit viraal raak en die hele gemeenskap deelneem, dink ek dis haalbaar. skeduleer solank ‘n post daaroor
Reply
Johan Swarts Reply:
December 22nd, 2008 at 6:40 pm
solank as wat dit viraal raak en die hele gemeenskap deelneem, dink ek dis haalbaar. skeduleer solank ‘n post daaroor
Reply
Dit sal inderdaad interessant wees om te sien. Ek sou graag wou sien hoe lank sommige mense aan hulle blogs spandeer (en of dit in die baas se tyd is, hie hie hie). Jy sal ongelukkig nooit weet hoe ‘n groot persentasie van die mense jy bereik het nie, omdat nie almal in kringetjies soos WordPress of LitNet blog nie. Jy self blog onder jou eie domeinnaam – dis die outjies wat moeilik is om almal bymekaar te kry.
Sukses met hierdie groot taak, ek sal oor ‘n jaar kom inloer vir jou resultate.
Groete
Reply
Johan Swarts Reply:
December 22nd, 2008 at 6:38 pm
dankie, machiel
as ek dit nie mis het nie, is jy ‘n kandidaat vir een van die heel eerste afrikaanse bloggers? 2001, mos?
Reply
machiel Reply:
December 23rd, 2008 at 4:44 pm
Neeee, hoor. Ek is om twee redes nie ‘n kandidaat nie. Eerstens het ek nie ‘n blog in die ware sin van die woord nie en tweedens, ek’s darem eers van 2005 af aktief. (Moes self ook gou gaan kyk – as ek ooit gesê het 2001 het ek óf oop oë gelieg óf myself verspreek)
Reply
Johan Swarts Reply:
December 23rd, 2008 at 4:49 pm
ah, ek sien. ek kan nie onthou wie vir my gesê het jy blog since 2005 nie…ewenwel, 2005 is redelik vroeg vir afrikaans.
ek wonder soms wat van bloute geraak het. dit was ‘n klassieke blog.
Johan Swarts Reply:
December 23rd, 2008 at 4:49 pm
ah, ek sien. ek kan nie onthou wie vir my gesê het jy blog since 2005 nie…ewenwel, 2005 is redelik vroeg vir afrikaans.
ek wonder soms wat van bloute geraak het. dit was ‘n klassieke blog.
machiel Reply:
December 23rd, 2008 at 4:44 pm
Neeee, hoor. Ek is om twee redes nie ‘n kandidaat nie. Eerstens het ek nie ‘n blog in die ware sin van die woord nie en tweedens, ek’s darem eers van 2005 af aktief. (Moes self ook gou gaan kyk – as ek ooit gesê het 2001 het ek óf oop oë gelieg óf myself verspreek)
Reply
Johan Swarts Reply:
December 22nd, 2008 at 6:38 pm
dankie, machiel
as ek dit nie mis het nie, is jy ‘n kandidaat vir een van die heel eerste afrikaanse bloggers? 2001, mos?
Reply
Jy kan ook kyk na http://www.woesblog.com
Reply
[...] is wat jy hier lees, oorweeg dit gerus om by my RSS-voer in te teken. Dankie vir jou besoek!Right, die bal is aan die rol. Ek en ‘n anonieme filantroop (’n m33st3r k0d33rd3r) het Skraap.net geregistreer en is [...]