
Toe Thabo Mbeki sy stille diplomatiek aangaande Zimbabwe gebesig het en ten spyte van alle kritiek daarop aangedring het dat die land se probleme met gespreksvoering opgelos moet word, was hy besig om aan 'n demokratiese ideaal vas te klou. En toe was dit nie goed genoeg nie. Laat vaar die ideale en val die swernote aan, het almal geskryf: militêre aksie teen Mugabe is die enigste uitweg!
Noudat ons regering geswig het voor die realiteit van Sjinese beleggings en die Dalai Lama toegang tot Suid-Afrika geweier is, hoor 'n mens verontregte uitroepe selfs van groot geeste soos Desmond Tutu en FW de Klerk dat die regering ons demokratiese ideale as ‘t ware verraai het.
‘n Mens kan nie help om te wonder wat Suid-Afrikaners dan nou juis wil hê nie? Sê ons maar net dinge wanneer die situasie ons pas?