Die latente onheil van die geheimsinnige pannekoekmeem

Meme – ideevirusse – is vreemde goed. Behalwe dat daar nie eintlik ‘n behoorlike Afrikaanse vertaling vir hulle is nie, is dit eintlik nog maar ‘n taamlik spekulatiewe idee (een met baie meriete, moet ‘n mens byvoeg). Self begryp ek verskeie meme: Militante ateïsme. Skooltrots. Rickrolling. Ook begryp ek hoekom mense gereeld hieroor by mekaar galbraak. Antjie Krog verwoord dit treffend in Verweerskrif:

God, die Dood, Liefde, Eensaamheid, Die Mens
is Belangrike Temas
menstruasie, geboorte, menopouse, puberteit
die huwelik–nie

Menstruasie en geboorte (trouens, amper alles in Krog se bostaande lys) is kwalik meme, maar die oorkoepelende sentiment is duidelik: wanneer die “groot” idees van die lewe ter sprake kom, wy ons maklik ure daaraan om mekaar te oortuig dat dat ons aan die regte kant van die metafisiese draad wei.

Godsdiens is een so ‘n voorbeeld. Mense is daagliks op die oorlogspad oor godslastering op televisie, keasionisme in skole, die aantal Engelse lofliedere wat binne 60 minute gesing mag word en ander soortgelyke kardinale kwessies. Omdat hierdie onderskeie meme soms grens aan heilig vir die mense wat dit huldig, is hulle gewoonlik blitsig om dit teen enige kritiek te verdedig, want om die meem aan te val is heimlik ook om die mens wat die meem geïnternaliseer het aan te val. As bonus is jy gewoonlik ook ‘n ketter (dit rym met knetter).

Dis menslik.

Soos Krog wonder ek egter of ons genoeg aandag aan die kleiner meme rondom ons skenk.

Neem die pannekoekmeem. Wanneer dit winter raak, is die kans groot dat ‘n mens iemand sal hoor sê dat hy of sy “nou lus raak vir pannekoek”.

Waarop ‘n mens wil vra: Hoekom?

“Ag, sommer. Dit laat my aan my kinderdae dink – dis warm en snoesig en gesellig. As dit so reën, dan is dit perfekte weer vir pannekoekbak.”

Maar wat van plaatkoekies? Of jaffels? Hoekom nie plaatkoekies of jaffels nie? Hulle is ook warm en snoesig en gesellig.

“Want dis pannekoekweer, knopkop!”

Tog vreemd, is dit nie? Winter op winter glo ons dat waterdruppels uit die hemele beteken dat ons deeg in ‘n pan moet gaarmaak sodat ons kaneelsuiker daaroor kan strooi. Almal van ons. Ons glo dit sonder om ‘n oog te knip.

Tog ag ons dit vreemd wanneer iets soos ander mense se geloofsoortuigings of kulturele gewoontes van ons s’n verskil.

Is daar werklik ‘n verskil tussen die meem wat George Bush oortuig God moedig hom aan om Iraki’s uitmekaar te skiet en die pannekoekmeem? En wat is gevaarliker – die feit dat die groot meme van die lewe eintlik maar net so arbitrêr soos die kleintjies is, of die feit dat ons dalk meer waarheid aan die kleintjies toedig as wat ons aan onsself wil erken?

(Is jy ook nou honger?)

Post to Twitter

This website uses IntenseDebate comments, but they are not currently loaded because either your browser doesn't support JavaScript, or they didn't load fast enough.

13 Responses to “Die latente onheil van die geheimsinnige pannekoekmeem”

  1. mooi gezegd johan
    toch ben ik het niet helemaal met je eens
    - ik vind dat je het hele jaar door pannenkoeken (sorry, in het nederlands is het sinds de laatste spellingswijziging ‘panneNkoeken’, ook al zeggen we nog steeds ‘pannekoeken’) kunt eten
    en dat ga ik dan zondagavond ook weer doen (ook al is het hier nu lente)

    dus onze panne(n)koekenmemen verschillen van elkaar
    aiai…

    trouwens
    het is ‘kreasionisme’ lijkt me?

    Reply

    Johan Swarts Reply:

    juis. die feite dat jou pannekoekmeem verskil van die een wat sirkuleer onder baie suid-afrikaners toon aan hoe kontingent die idee eintlik is.

    (ek hou van pannekoeke, terloops. hulle is warm en snoesig en geselleg…[kwyl])

    Reply

  2. “Maar wat van plaatkoekies? Of jaffels? Hoekom nie plaatkoekies of jaffels nie? Hulle is ook warm en snoesig en gesellig.”

    Want ek hou nie van jaffels en plaatkoekies nie? Ek hou meer van pannekoeke :D

    Reply

    Johan Swarts Reply:

    in die winter?

    Reply

  3. Eertse keer dat ek hoor van ‘n meem. Daar leer ek weer iets vandag. Dankie Johan.

    Ek hou ook van pannekoeke. Ek is lui en daarom eet ek dit net wanneer MY VROU dit maak. Sy maak dit wanneer sy ookal bestandele het of lus het om dit te maak, want sy is ook bietjie lui en jy weet mos, alles wat jy in die kombuis voorberei ontaard in skottelgoed was.

    Dis beslis seisoengebonde by ons omdat dit nie so gesellig (meem:aan) is om warm pannekoek in die middel van die somer te eet nie, alhoewel nie onaanvaarbaar of onmoontlik nie.

    In ons huis praat ons beslis meer oor menstruasie, beboorte en die huwelik, maar nie oor menopouse en puberteit nie, ons is nog nie daar nie. Ons praat GLAD nie oor Bush en Irak nie. En omdat ek nie weet oor Bush en Irak nie, sal ek beslis nie in ‘n woordewisseling hieroor betrokke raak nie. MAAR beslis oor die huwelik, GEBOORTE en menstruasie (veral as ek die maandelikse inkopie moet gaan doen… ;-) )

    Is daar ‘n punt in my “reply”?

    Jakie se last bloginskrywing..Anja – 2 jaar 4 maande

    Reply

    Johan Swarts Reply:

    daar is altyd ‘n punt ;)

    geluk met die nuwe jacques! ek het dit nog nie aanlyn vir jou gesê nie.

    Johan Swarts se last bloginskrywing..Die latente onheil van die geheimsinnige pannekoekmeem

    Reply

  4. spel. fout. dis al wat ek kon inlees in die post: spel. fout. kannie oor dit kom nie. :p

    Reply

    scienex Reply:

    is het “keasionisme” toevallig? :o )

    Reply

    Johan Swarts Reply:

    heeltemal.

    Johan Swarts se last bloginskrywing..Die latente onheil van die geheimsinnige pannekoekmeem

    Reply

  5. Johan, another fascinating idea from the philosopher Dan Dennett is that memes are able to manipulate (not consciously or directly of course) the way our brains evolve. People that host certain memes are more attractive than others and through sexual selection the genes of the attractive host are passed on. Over time the brain changes to become more vulnerable to infection by those memes.

    In Dennett’s book ‘Consciousness Explained’ he writes:

    “The haven all memes depend on reaching is the human mind, but a human mind is itself an artifact created when memes restructure a human brain in order to make it a better habitat for memes. The avenues for entry and departure are modified to suit local conditions, and strengthened by various artificial devices that enhance fidelity and prolixity of replication: Chinese minds differ dramatically from native French minds, and literate minds differ from illiterate minds.”

    Reply

  6. Dis inderdaad fassinerend, dankie dat jy dit opbring. Sou ‘n mens aan die hand van hierdie idee kon postuleer dat massamedia actually menslike evolusie in sekere rigtings help stuur?

    Reply

  7. Ek is ‘n bang gat en sal eerder die woord ‘stuur’ vervang met ‘beinvloed‘. Ja, ek dink jy is reg alhoewel ek wonder of die internet medium nie ’n groter invloed sal he^ as bv radio of televisie nie. Dit sal ook etlikke miljoene jare neem voordat die mens se brein noemenswaardig verander. Ons kan ook nie enige voorspellings oor ons evolusionere toekoms waag nie.

    ‘n Lekker opstel van Dennett om te lees is: There Aren’t Enough Minds to House the Population Explosion of Memes.

    http://www.edge.org/q2006/q06_8.html

    Scroll so 1/3de af todat jy dit kry.

    Reply

  8. Net gou ‘n punt om in gedagte te hou. Na se^ nou maar 7 miljoen jaar of so sal ‘ons’ nie meer mense wees nie maar ‘n ander spesie.

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled