gediggies oppie interwebs
Twee jaar gelede, toe ek ‘n honneurstudent en teetowenaar was, het ek ’n lamentasie oor die algemene belangstelling in Afrikaanse poësie gepubliseer; vanjaar het Louis Esterhuizen en Marlise Joubert onwetend ‘n oplossing hiervoor verskaf in die vorm van Versindaba.co.za. Dié webtuiste (wat aangedryf word deur WordPress) word daagliks opgedateer met relevante artikels – dikwels met bydraes van swaargewigte in die Afrikaanse Letterkundewêreld. Daar was onlangs selfs ‘n bydrae deur Breyten Breytenbach.
Gaan dit ‘n skare tieners oornag verlei om die Groot Verseboek te verslind? Kwalik. Dis egter ’n langverdiende skuif vir een van die wêreld se jongste tale en haar amper onnatuurlike ryk literêre oeuvre – ‘n skuif wat noodwendig tot gevolg het dat daar binne die bestek van ‘n paar weke veel meer oor die poësie gepubliseer word as wat ‘n boekeblad dit in ‘n paar jaar sou kon doen. Hier lewe iets – en dit alleen is iets om oor opgewonde te raak.
As jy belangstel in die Afrikaans poësie, volg hulle gerus op Twitter of loer so dan en wan by die Nuuswekker in.
Felisitasies, Esterhuizen en Joubert!
Hierdie, van die os op die jas, is my 800ste inskrywing (nie dat dit enigiets beteken nie).


Thanks! Val so mooi in my smaak. Sal gaan loer.

Girl van die Suburbs´s last blog ..Dromme van my hart
Reply
JAS wil jou baie gelukwens met 800. Ons sien uit na 1000!
Reply
800? Sjoe, welgedaan.
Die internet is ‘n baie kragtige bemarker… en Afrikaanse Prosa en Poësie mag dalk net ‘n wonderlike herlewing beleef, veral onder die jonger geslag!
Heehaaaa, ek is oppad versindaba toe om te gaan loer!
demoerin´s last blog ..Poepholle Galore
Reply
demoerin Reply:
July 30th, 2009 at 1:37 pm
Snaaks genoeg lees ek toe nou ‘n vers deur ene Jongeheer Swart daar raak….
demoerin´s last blog ..Poepholle Galore
Reply
demoerin Reply:
July 30th, 2009 at 4:25 pm
demoerin´s last blog ..Poepholle Galore
Reply
demoerin Reply:
July 30th, 2009 at 4:25 pm
demoerin´s last blog ..Poepholle Galore
Reply
demoerin Reply:
July 30th, 2009 at 1:37 pm
Snaaks genoeg lees ek toe nou ‘n vers deur ene Jongeheer Swart daar raak….
demoerin´s last blog ..Poepholle Galore
Reply
800 is mooi nommer. Versindaba is broodnodig.
Emil´s last blog ..Goue Horing?
Reply
800- genugtig! en geluk en hoop daar gaan nog 8000 wees.
H1N1´s last blog ..Mooi vrouens en hul Barbare
Reply
dankie vir jou skrywe oor onse webblad van Versindaba, Johan!! sulke onverdunde entoesiasme verdien waardering van ons kant af. en dit nogal op jou 800ste inskrywing. hopelik bereik ons ook die jong mense wat ‘n passie vir die poehesie het & sal hulle ook deelneem aan kommentare op ons web.
die beplanning rondom ons fees in November vorder nou fluks & dit gaan beslis ‘n roaring program wees! verlede jaar het die klem baie geval op die liriek & musiek. vanjaar fokus ons weer op die visuele.beplan ook ‘n kunsuitstalling met ‘n groep digter-skilders. dus: iets vir die oog, en baie vir die oor. groete & lekker reis deur jou blogs! en wat ‘n stunning webblad het jy nie!!

marlise´s last blog ..Boek op baadjie takseer
Reply
vet plesier
sterkte met die beplanning vir die fees. ek gaan beslis kom inloer!
Reply