Ter verdediging van die orreliste
Orreliste is cool. Hulle kan bladlees en kadense uit die niet optower wanneer die kollekte onverwags klaar opgeneem is of die bruid laat is. Hulle weet hoekom parallelle oktawe ‘n aartsonde is, ken toonlere en kan grondnote met hul tone speel. As iets in F#-majeur geskryf is, sal hulle dit speel en nie daaroor kla nie. En hulle kan tel.
Bands?
Soms wonder ek of bands hul eie instrumente kan stem.


Dit was inderdaad 'n onverwagste bron om 'n kompliment teenoor orreliste te ontvang, maar baie dankie. Dit is egter 'n bietjie van 'n veralgemening, veral in die platteland (en soms stede) waar tannies met groot hoede of afgetrede ou ooms die enigste is wat die on/off switch kan operate, en daarom aangestel word as orreliste. Ironie is dat diesulkes soms toegang het tot die mooiste, oorspronklike instrumente in die land!
Maar nou ja, dit wat jy in jou skrywe noem, is veronderstel ombinne die vermoëns van enige orrelis te wees.
Terloops, ek het al opnames gehoor van pyporrel saam met elektriese kitaar. Het jy lus vir 'n projek in die platteland?
Reply
Johan Swarts Reply:
August 12th, 2009 at 9:07 am
Inderdaad 'n veralgemening; ek ken baie bands wat wel hulle instrumente kan stem. But you catch my drift
'n Projek in die platteland? Vertel meer.
Reply
met 6 kruizen heb je recht op klagen
vind ik
Reply
jaja
Reply
Jy het vergeet om te noem hoe hulle note kan uitreik en presies in pas met die prediker se begin kan eindig, selfs al is hulle in die middel van 'n musiekstuk
Reply
hoe komen jullie eigenlijk aan al die kennis over organisten (orreliste)?
Reply
Nou terwyl ons so veralgemeen, kom ons gaan daarmee voort:
Bands weer, daarenteen, se lede word gedwing om te LUISTER na die res van die band. Jy is nie 'n solo speler nie. Die kuns lê in die manier waarop jy saamspeel. Ritme en tempo behoort nie aan jouself nie, selfde geld volume en intensiteit.
Soms weer wonder ek of orreliste ooit geleer het om te luister na ander instrumentaliste en die genot sal kan waardeer om met ander spelers iets moois te skep. Want as jy 'n orrelis is, kan jy speel nes jy wil. Jy's die baas, want jy's die hardste.
Reply
Johan Swarts Reply:
August 12th, 2009 at 1:16 pm
Touche
Hoewel, in my ervaring weet ek weer dat, behalwe as daar nie ‘n baie bekwame klankman is en genoegsame toerusting (soos monitors) om daarmee saam te gaan nie, niemand mekaar kan hoor om mee te begin nie.
Reply
harde baas, dus
Reply
My ma is ‘n orreliste.
Reply