Blog jy? Jy het nou die kans om jouself vir ewig te verewig in 'n baie dik boek! Vir ewig!
Gaan asseblief na Skraap.net en neem deel aan die Afrikaanse blogsensus. (Dis ten bate van my tesis). Daar is vier velde om in te vul: jou blog se adres, 'n e-posadres vir validation en twee velde oor die Afrikaner. Slegs die eerste twee is “verpligtend”, hoewel ek dit nogal sal waardeer as jy die moeite aangaan om die ander twee ook te beantwoord. *edit* Ek het intussen die e-posveld eerder opsioneel gemaak. As jy dus huiwerig was om jou e-posadres te verskaf, kan jy nou sonder bekommernis deelneem
*edit*
Ek sal dit ook vreeslik waardeer as jy iets daaroor op jou eie blog kan skryf en mense tag om dieselfde te doen. Om die bal aan die rol te kry, tag (wheeeee!) ek vir Flippiefanus, Demoerin, Emil Jung, Ding en Zee.
g0g0g0!
(Ek is bewus van die IE bug wat daar tans op Skraap.net is, so verskoon tog vir eers die onooglike gedrog wat jou in die gesig staar as jy Internet Explorer gebruik. Op daardie noot – hoekom gebruik jy nog Internet Explorer??)
