Jan Rabie was 'n uitmuntende skrywer en 'n skerp denker. Hierdie aanhaling van hom is egter vir my kostelik, aangesien dit (behalwe vir 'n verwysing na eendsterte en 'n minotauros) klink soos iets wat in 'n onlangse uitgawe van die Kerkbode kon staan:
Die 19e eeu se rebelse ateïsme en anargisme wat ten minste deur 'n ontbreking aan geloof aangevuur is, het vandag verloop in 'n materialistiese doolhof waarin selfs die mees eksplosiewe vonke verdwaal. Êrens wag die Minotauros weer vir offers. Verlammende chaos en verwarring heers. Daar is min doelgerigte idealisme oor die toekoms, en veel vrees. Die wêreld se godsdienste wat moet leiding gee, is siek, en dooie hout van die verlede versper die paaie in 'n al sneller wordende hede. As ons byvoorbeeld ons koppe skud oor eendsterte, dan dien onthou te word dat die probleem ontstaan juis weens 'n gebrek aan doelgerigtheid wat die toekoms betref…
(Die Evolusie van Nasionalisme 1960: 15)
Help! Die jeug gaan nie meer kerk toe nie! As dit so aangaan gaan alle godsdienste uitsterf! WAT WORD VAN ONS?!?!
Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde, eh?