Tussen 2002 en 2009 het Afrikaanse bloggers die volgende vorme van die woord “hallo” gebruik (die getal dui telkens op die aantal kere wat die woorde in my korpus verskyn – spelfoute ingesluit):
hallo 3202
halloa 1
hallol 1
hallomos 1
halloo 1
hallooo 8
halloooo 144
hallooooo 753
halloooooo 2
hallooooooo 4
halloooooooo 1
hallooooooooo 1
hallooooooooooo 2
hallooooooooooooo 1
halloooooooooooooo 1
halloooooooooooooooooooooooo 1
Naas “hallo” is “hallooooo” die gewildste vorm, vermoedelik omdat dit net die regte aantal o’s bevat: nie te veel nie, nie te min nie. Dis die Gouelokkies-sone van hoflikheid. En dis natuurlik 'n onteenseglike bewys dat daar 'n almagtige opper-Blogger is wat dit so bewil het. Dis aan my openbaar en alles, so jy kan nie daarmee stry nie. Whê.
Die meeste Afrikaanse bloggers gebruik die Engelse vorm “hello” (5055). Eugh.
*edit* die bostaande is onttrek uit ongesuiwerde data, wat plek-plek nog ongewenste comment divs bevat het. Die resultate met “skoon” data is proporsioneel nog steeds dieselfde. “Hallooooo” is nog loshande voor, maar die aantal hello’s is nou rofweg twee keer minder as die aantal hallo’s. Jubel lofpsalms! *edit*