Nag van die supermiere

mier op my arm

Oerouer van die supermiere slyp sy toekomstige gene in die oerwoud op my arm

Soms, as 'n mier op my arm beland, is dit asof 'n grootse verantwoordelikheid plotseling aan my toevertrou word.

Gaan ek die mier vermoor of nie?

Laat ek die mier lewe, is hy dalk deel van 'n groep miere wat deur natuurlike seleksie oor 'n paar miljoen jaar aan die bopunt van die voedselketting geplaas word – 'n nuwe spesie supermiere. En as die supermiere boos is, verkneg hulle bes moontlik sommer die toekomstige mensdom en lewe my afstammelinge in slawerny vir die res van hul bestaan. En dan was dit my skuld.

Aan die ander kant, weer: sê nou ek druk die mier dood en daar ontstaan nie 'n nuwe spesie supermiere nie en die supermiere sou die mensdom al die tyd goedgesind wees en ons word deur iets anders verkneg – dit sou ook my skuld wees.

(Boonop is daar die verwarrende feit dat werkersmiere steriel is, die mier op my arm nooit sal voortplant nie en my fantasma derhalwe nie sin maak nie. Maar feite was tog nooit belangrik nie en ek glo en vertrou tog dat daar eendag 'n nuwe spesie supermiere sal kom. My geloof is tog genoeg.)

Soveel moontlikhede! Soveel dinkwerk! Sulke verantwoordelikheid!

Wee is ek op die vooraand van die toekomstige supermiere!

This entry was posted in Sommer and tagged , , , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>