Afrikaans het onlangs 'n groot gees verloor:
Suid-Afrika is vol vurige ondersteuners van Afrikaans. 'n Mens hoor gereeld hoe die taal se naam rondgegooi word as 'n soort magiese adjektief – as iets “Afrikaans” is, is dit om die een of ander rede sommer net beter++. Afrikaanse musiek deur Afrikaanse “kunstenaars”, 'n Afrikaanse vakbond, Afrikaanse kelners, Afrikaanse skole met Afrikaanse onderwysers – dit is alles sommer net 'n duisend maal beter as enigiets anders op aarde en word ondersteun deur “Afrikanermense” wat “trots Afrikaans” is.
Vra jy een van hierdie trotse liefhebbers van Afrikaans hoeveel van NP van Wyk Louw se essays hulle al gelees het, krap hulle egter kop. Wil jy by hulle weet wat hulle van die Sentrum vir Tekstegnologie op Potchefstroom se bydraes tot die skep van Afrikaanse woordsoortetiketteringsprogramme en speltoetsers dink, word jy met 'n dolleë staar begroet. En noem jy aan hulle hoe hartseer, hoe 'n groot verlies vir die Afrikaanse taalgemeenskap dit is dat Prof Fritz Ponelis onlangs oorlede is, is die teenvraag: “Professor…um…wie?”
Lees die res hier.