Monthly Archives: December 2009

Jou ma se verbum

Afrikaanse woordsoortetikette maak wonderlikste swetse. Soos byvoorbeeld: Luister, bêre daai geweer van jou voor ek dit in jou attributiewe, stellende adjektief opforseer! of: Jou ma se gemarkeerde, onskeibare koppelwerkwoord! Pragtig.

Posted in Taal | Tagged , , , , , | 2 Comments

Die keer toe ek ‘n demi-god wou wees

Ek is partykeer skepties oor tegnologie se vermoë om die wêreld 'n beter plek te maak – nie soseer omdat iets by die tegnologie ontbreek nie, maar omdat mense altyd mense sal wees. Onlangs kry ek 'n klompie Google Wave invites om uit te deel. My eerste reaksie? Nou is ek belangrik! Nou het ek [...]

Posted in Tegnologie | Tagged , , | 9 Comments