Sjym.
Die New York Times beplan om in 2011 geld te begin vra vir die lees van die meeste van hul inhoud. Die maatskappy reken:
“This will enable NYTimes.com to create a second revenue stream and preserve its robust advertising business”.
Dit gaan dus duidelik om die New York Times hier – hulle moét aan die lewe bly, hulle moét 'n second revenue stream vind, hulle moét hul robuuste advertensiebesigheid behou. Dit kan nie anders nie – Hulle!Is!Belangrik!
Wat natuurlik beteken: dit gaan nie meer oor die lesers nie.
Sonder dat hulle dit dalk besef het, het een van Amerika se mees gerespekteerde koerante 'n vet middelvinger vir hul ondersteuners gegee. Ek wou 'n lang inskrywing maak hieroor en stuksgewys uitstip hoe onwys dit is om 'n korporatiewe middelvinger te gooi vir die mense wat veronderstel is om hul geld vir jou te gee, maar Felix Salmon van Reuters het dit reeds baie beter gedoen (lees gerus wat hy te sê het):
This is, of course, exactly the approach that the NYT’s management would take if it felt that it was managing a company in terminal decline, and wanted to squeeze as many dollars out of it as possible before it dies. Successful media companies go after audience first, and then watch revenues follow; failing ones alienate their audience in an attempt to maximize short-term revenues
Kan 'n mens so dom wees?