Ten minste het hulle koeksisters:
Ons sit met die DA – 'n amptelike opposisie wat skynbaar niks meer wil doen as om soos kefferbrakkies rondom die ANC se bene te hardloop en onverpoosd na hul haakskene te byt nie. Premier Helen Zille self – 'n dame wat werklik van beter behoort te weet – is pal in die nuus, besig om die regerende party (en veral die president) uit hul sokkies te beledig. Dit is net ad hominems waar jy kyk – Zuma dit, Zuma dat, Malema sus, Malema so – tot so 'n mate dat die party voorkom as 'n liggaam wat nie werklik enigiets anders kan bied as 'n ruwe, sluwe bietsfaait nie.
Lees die res hier.