Egoli se agterlike voorskou (RC2) @watkykjy @casperrasper

Nog iets van die Egoli-film se voorskou wat my pla, is dat daar skynbaar nie eers die moeite gedoen is om oorspronklike compositing daarvoor te doen nie. Hier is 'n skermskoot van die teks (waarskynlik in After Effects gedoen) wat daarin verskyn:

image

En hier is 'n skermskoot uit een van Andrew Kramer se bekende Video Copilot-tutoriale, Ancient Titles:

image

Bummer.

Dit lyk natuurlik nie absoluut identies nie (en 'n mens moet seker ook nie altyd die slegste van mense verwag nie), maar ek moet bieg: ek sal nie verbaas wees as die span Kramer se .AEP net so oorgeneem het, 'n paar tweaks daarby aangebring het en dit net so in die voorskou geprop het nie.

'n Mens hoef seker nie altyd die wiel van vooraf te ontwerp nie, maar genugtig – moes hulle dit so opsigtelik gekopiëer het?

Ek wonder hoeveel geld hierdie ouens betaal is…

Daar is 'n hele paar aanduidings dat Kramer se materiaal wel gebruik is: die gebruik van vignetting, die amper identiese voorkoms van die letters, die skaduwee onder die letters, 'n “grungy” agtergrond-tekstuur in beide en die “ligstrale” wat teen 'n hoek oor die toneel val. (Die kwaliteit van die Egoli-video is ongelukkig te swak om agter te kom  of die partikels in die oorspronklike ook gebruik is.)

This entry was posted in Film and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>