Monthly Archives: October 2010

Ons is selde so vlekkeloos

Perspektief, het Fokofpolisiekar eenmaal gesing, is nie 'n speelding nie. Tog is daar mense wat gereeld bereid is om daarmee te speel, soos hierdie ou, wat skynbaar reken Afrikaners se geskiedenis bestaan uit 'n enkele veldslag: Dis altyd maklik om 'n “ons” en 'n “hulle” op te haal en dan alles wat goed is aan [...]

Posted in Politiek | Tagged , , , , , , | 3 Comments

Ek het hierdie naweek van ‘n rots by Shelley Point afgespring

DSC_6162

Ek was in die geel span en alles.

Posted in Sommer | Tagged , | 2 Comments

A Tale of Three Cities

A Tale of Three Cities

Bittereinder se samewerking met Tumi Molekani en Jack Parow is nostalgies, melankolies, introspektief en pragtig. Let op hoe elke stad waaroor hulle kletsrym (Pretoria, Johannesburg en Kaapstad) se areakode voor elke gedeelte vertoon word:

Posted in Musiek | Tagged , , , , , , , , , | 3 Comments

Ons bid nie vir alle myners nie

Juliaarse is oorlede. Nou nie die bloody agent wat sy agterstewe aan houtwerk (SG) afgevee het nie, maar een van my goudvisse. Ek moes onlangs by die huis aankom en aanskou hoe die kêreltjie stil onder in sy vistenk lê en ontbind. (Dooie visse dryf toe al die tyd nie.) Sy kameraad, Floyd, het paniekerig [...]

Posted in Politiek | Tagged , , , , , | 15 Comments

“Dis goed dat Christene vir ‘n slag weer opstaan”

Soos dit Woolworths se goeie reg was om hul oorspronklike besluit op sy kop te keer, so is dit enigiemand se goeie reg om positief daarop te reageer. Om van die ommeswaai te hou, is nie as sodanig “verkeerd” nie. Interessant wel, is hoe hierdie frase keer op keer opduik wanneer daar oor die voorval gepraat word, maar dat mense skynbaar nie verder as die blote woorde dink nie.

Posted in Essays, Godsdiens | Tagged , , , , , , , , | 9 Comments