Ds Pieter Fourie dryf demone uit en verwoes Boeddha-beelde. Oppies, 'n aanhanger, verdedig hom as volg:
Ds Pieter Fourie is Leraar van Rant en Dal Gemeenskaps kerk waar van ek 'n litmate is en hy is by vêre een van die beste dominies wat daar is. Enige iemand wat al ooit een van sy preeke bygewoon het [punkt] sal weet waar van ek praat. Hy is op reg en sal sy hand vir enige iemand uitsteek om te help. Hy is altyd besig om te kyk waar hy kan help, en om dit te doen op facebook is een van die beste manier om sy hand uit te steek. Ek dink dit is iets positief en voel die duiwel is lastig om iets so opreg te vat en dit om te draai in 'n negatiewe artiekel. Die wat kretiek lewer het nog nooit GOD se liefde ervaar nie. As die HERE kom om sy kinder te kom haal (wat wel gaan [gebeur?]) sal julle daar sit en wens dat Ds. Fourie vir julle sal bid.
Ek gaan nie jok nie – Oppies maak dit baie moeilik om nie met Oppies te spot nie…