3 Afrikaanse woorde met ‘n veel vuiler geskiedenis as wat jy verwag het

Uitdelging van die boggers

Het jy al ooit hierdie woorde gebruik?

Hou op hier inneuk, jou bogger – ek foeter vir jou!

Natuurlik het jy. Toe het jy waarskynlik bedoel:

Hou op hier inkom, jou swernoot – ek boender jou hier uit!

‘n Paar honderd jaar gelede sou hierdie woorde egter iets anders beteken het. Hier is wat jy dan sou gesê het:

Neuk

“Neuk” in Afrikaans het ontstaan uit die Nederlandse woord “neuken” (wat verband hou met die Engelse woord “knock”) en vandag nog beteken: “om koïtus te hê”.

Bogger

“Bogger” is afkomstig van die Nederlandse naamwoord “boggeren”, wat stam uit die Frans “bougre” en om die beurt afkomstig is van die Latyn “bugari”. Dié was die naam van 'n Middeleeuse volk wat daarvoor bekend was dat hulle gereeld sodomie beoefen het.

Foeter

“Foeter” kom van die Nederlands “foeteren”, wat om die beurt van die Frans “foutre” uit die Latyn “futuere” stam. Die betekenis hiervan is weereens: “om koïtus te hê”.

As jy dus vir Jan van Riebeeck die woorde “hou op hier inneuk, jou bogger – ek foeter vir jou!” toegesnou het, sou hy waarskynlik eerder gehoor het:

Hou op hier seks hê, jou sodomiet, ek seks vir jou terug!”

Diep.

Bron: Die taalkundige gedrag van vloekwoorde in Afrikaans, deur AE Feinauer.

This entry was posted in Taal and tagged , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>