Category Archives: Musiek

Die apokalips sal na Kaapstad kom

1[1]

Dit was toe al die tyd nooit universiteite se skuld dat Afrikaans uitgesterf het nie, maar 'n kernapokalips in Kaapstad. Wie sou kon raai, eh? Ek weet nie van julle nie, maar ek is beïndruk.

Posted in Musiek | Tagged , , , | 5 Comments

A Tale of Three Cities

A Tale of Three Cities

Bittereinder se samewerking met Tumi Molekani en Jack Parow is nostalgies, melankolies, introspektief en pragtig. Let op hoe elke stad waaroor hulle kletsrym (Pretoria, Johannesburg en Kaapstad) se areakode voor elke gedeelte vertoon word:

Posted in Musiek | Tagged , , , , , , , , , | 3 Comments

Die Antwoord – Ruminasie #1 (“I am a fucking coloured…”)

Die Antwoord – Ruminasie #1 (“I am a fucking coloured…”)

Ek veralgemeen en gebruik woorde soos “bruinmense” en “witmense” in hierdie inskrywing. Dis nie veronderstel om polities korrek te wees nie. As jy dink dit gaan jou omkrap, sal dit waarskynlik. Hou verby.

Also posted in Essays | Tagged , , , , , , , , , , , | 5 Comments

Baarmoeders dans ernstige kringe deur die bos

Baarmoedergevoel het onlangs drie nuwe liedjies op Facebook vrygestel. En omdat hulle nie angstig wonderskree of die God van ons Sondagskoolklasse 'n leuen was nie, hoe ons met die skuldgevoelens wat soos witbrode om ons nekke hang moet maak nie of hoe taait ons skinny jeans moet sit nie, laat dit my steeds dans: Loer [...]

Posted in Musiek | Tagged , | Leave a comment

Luister maar weer…

Ek sou wou sê dat die afgelope twee weke se “Parow is 'n lasteraar”-refreine holruggery is, maar dan sou Juanita-aanhangers my van vuil taal kon beskuldig… Soos Du Plessis se aanhangers tekere gegaan het, sou 'n mens sweer Parow pomp 'n oneerbiedige “God”, “Jesus”, “Moeder Maria” en “Steve Jobs” by elke twee kletsrympie in. En [...]

Posted in Musiek | Tagged , , , | 1 Comment