Category Archives: Poësie

DigBy: Transformasie

— tor-teodisee eers: die triomfantelike flakker van vlerke swierig in die maanlig, gepantser en geveer omgeef met membraan en eksoskelet stip, soos die Horlosiemaker blindelings dikteer. dan: paniek in die voelers. flitsbeelde van dop en mandibel, spigtig asof kreet uit aar en spier opwel wyl harsings stuif en vliese grif in fletsrooi vleis op glas. [...]

Posted in Poësie | 23 Comments

Vingeroefening #4 (Alpha 1.0)

(Die onderstaande sonnet is vandag geskryf tydens telefoondiens by Die Departement. Ek dink ek het 'n nuwe woord gemunt, alhoewel ek nie seker is of my vorm daarvan goeie grammatika is nie. Take that, HAT.) Bomskok bloedsproei sif siedend tussen spaanders en sinterige oogroet op torso’s neer slierte vlees flonker rou en soos 'n veer [...]

Posted in Poësie | Tagged , | 29 Comments

Vingeroefening #3 (Alpha 1.0)

Brief aan beminde dit was die dae ná ek moes lees dat voorts my lewenssop A-negatief sou wees (klinies op 'n kaartjie wit soos die verse wat jy nie opteken nie, bleek soos jou vlees) dat ek jou krulle vir kakkerlakke aansien, jou kop 'n kantelende atrium bouvallig, gevul met limf en katterakke 'n tamatie [...]

Posted in Poësie | 21 Comments

Sonnette! (‘n draft)

Omdat dit hoog tyd is vir my breinselle om weer op poëtiese vorm te kom, het ek besluit om van gister af elke dag óf 'n sonnet óf 'n vers in terza rima te skryf. Die enigste vereiste, natuurlik, is dat ek oor die meer mundane dinge in die lewe dig. Klippe. Kerktorings. Plakkerskampe. Haarjel. [...]

Posted in Poësie | 6 Comments

Bab(b)el

Vyftien woorde wat ek die afgelope paar dae in digbundels raakgelees het wat vir my nuut, herontdek of sommer net weer mooi was: twyf pees verlaas puur krakeel skeen keie glooiinge snyfie stug kaats papel digklap presieuse vlok skig (Die meeste hiervan natuurlik uit die windvanger)

Posted in Poësie | Tagged , | 13 Comments