Category Archives: Tegnologie

Bars, borrel, bars

google_plus_logo[1]

Die mensdom sal 'n stadium bereik waar dit nie meer 'n nuutjie sal wees om alles (RIGHT HERE! RIGHT NOW!) met die wêreld te kan deel nie. Dis in elk geval nie meer baanbrekend nie – dis nou so normaal soos om in 'n vliegtuig te klim of 'n operasie te ondergaan.

Posted in Tegnologie | Tagged , , , , | 9 Comments

Brood. Jy skryf hom in Ruby on Rails. Srsly.

homeless-coder[1]

Jason Bagley, 'n Kaapse entrepreneur, het onlangs oor Suid-Afrikaanse startups op sy blog gekla. Sy beswaar? Die ondernemings wat deesdae die kollig kry, is óf na-apers of glad nie winsgewend nie. Hy noem vier maatskappye – Twangoo, Yola, Evly en Springleap – en verduidelik kortliks hoekom elkeen nie volgens hom die paal haal nie.

Posted in Tegnologie | Tagged , , , , , , | 2 Comments

The socialz doth protest too much

1hits.png

Wat is erger as spartelende mediamaatskappye wat by elke tweede sosiale netwerk aansluit en inhoud ad nauseum die kuberruim in begin pomp? Selfvoldane sosiale media-evangeliste, natuurlik. Akoliete van t3h socialz wat 'n video bestempel as “viral”… …terwyl dit by nadere ondersoek nie eers 'n honderd hits het nie: Ek meen, regtig ouens? 'n Viral video? [...]

Posted in Tegnologie | Tagged , , , , , | 1 Comment

Chrome pwnz0rz Facebook

Ek het nogal geglimlag toe ek Facebook onlangs in Google Chrome oopgemaak en per ongeluk op die aardbolletjie langs die URI geklik het. Zuckerberg se koninkryk se sekuriteitsinligting word toe mooitjies as volg aan my verklaar: Dis reg, ja. Die magtige Facebook is nie gewaarmerk deur die magtige Google nie. I l0ll3d…

Posted in Tegnologie | Tagged , , | 2 Comments

Ek was verkeerd oor die iPad

steve-jobs-ipad[1]

Dit gebeur nie dikwels dat ek positiewe woorde oor 'n Apple-produk het nie, so gebruik gerus hierdie oomblik om my toe te gooi onder 'n dik hoop iTold You So’s. Ek was verkeerd oor die iPad. Sedert die tabletjie bekendgestel is, het ek en vele ander op die internet dit afgemaak as 'n oorbodige toestel. [...]

Posted in Tegnologie | Tagged , , , | 8 Comments