
Daar’s seker baie wat ek oor Cobus en sy musikale reis tot dusver kan skryf, maar ek dink ek gaan sy cover van Vox Populi uit sy nuutste reeks (in Spanje opgeneem) die praatwerk laat doen:

Terwyl Afrikaans besig is om stuiptrekkend te sterf, mense mekaar se ateljees skroomloos betas en die hele wêreld skynbaar vergaan, is Cobus Potgieter besig om sy Nexus-reeks stelselmatig vry te stel. Sonder 'n platemaatskappy of 'n rits vervaardigers agter hom, natuurlik (want wie op dese aardbodempie het hulle nog nodig?) – net hy, sy passie, [...]