
Ek’s nie seker hoekom 'n musiekvideo 'n weergawe moet hê nie, maar Jack Parow se nuutste is so briljant, ek dink nie dit maak saak wat dit genoem word nie.
Ek sou wou sê dat die afgelope twee weke se “Parow is 'n lasteraar”-refreine holruggery is, maar dan sou Juanita-aanhangers my van vuil taal kon beskuldig… Soos Du Plessis se aanhangers tekere gegaan het, sou 'n mens sweer Parow pomp 'n oneerbiedige “God”, “Jesus”, “Moeder Maria” en “Steve Jobs” by elke twee kletsrympie in. En [...]

Ek luister die afgelope tyd nogal baie na Jack Parow se eponymous (sorrie, geen Afrikaanse vertaling vir daai een nie) debuut. Dis goed. Baie goed. Ek moet egter ook bieg – ek raak soms omgekrap vir Afrikaners wat die musiek veroordeel op grond daarvan dat dit te “kommin” na hul smaak is. Sien byvoorbeeld hierdie [...]
Mense wat Pajero’s ry is snaaks – hoofsaaklik omdat “Pajero” Spaans vir “wanker” is. Ook, daar’s 'n sekere soort identiteit wat besig is om stadig maar seker 'n lepel in die dak te steek: Dis die soort Afrikaner wat briewe oor die taaldebat aan Afrikaanse dagblaaie skryf, graag met mekaar oor hul beleggings praat en [...]