Archive for nuus24

You are browsing the archives of nuus24.

Vuur in die larinks!

Vuur in die larinks!

As jy ‘n Afrikaanse musiekliefhebber is met ‘n soeke na iets meer as ‘n ritmiese Patayo om by jou oorkanaal af te laat biggel, haas jouself na Stemband – Nuus24 se nuwe inisiatief wat poog om verslag te lewer (of sommer net te rumineer) oor alternatiewe Afrikaanse musiek. In hul eie woorde: Geen Juanita’s of Juanita-tipes [...]

Só maak Regte Afrikaners

Ek het eers nie geweet ek is by Die Genootskap van Regte Afrikaners nie. (Ek het nie eers geweet hulle bestaan nog nie.) So tussendeur die koffie en die gesels kon ek egter hoor hoe iemand aan ‘n ouerige oom met ‘n Bybel onder sy arm vra: “en watter gedeelte lees Doktor vandag vir ons [...]

Cheer up, Emo Kid

Cheer up, Emo Kid

So jy hou nie van God nie. Want hy’s brutaal. Hoe kan hy so brutaal wees? Jy weier om dit te glo! DIS SOMMER BELAGLIK! Toe nie: Om ongelowig te bly weens ‘n afkeer aan die hel (of aardse pyn en lyding wat God volgens jou kon keer) is emosioneel gelaai en treffend, maar in [...]

'n Ander soort Afrikaner @jackparow

‘n Ander soort Afrikaner @jackparow

Mense wat Pajero’s ry is snaaks – hoofsaaklik omdat “Pajero” Spaans vir “wanker” is. Ook, daar’s ‘n sekere soort identiteit wat besig is om stadig maar seker ‘n lepel in die dak te steek: Dis die soort Afrikaner wat briewe oor die taaldebat aan Afrikaanse dagblaaie skryf, graag met mekaar oor hul beleggings praat en [...]

Apple wéét hoe

Apple wéét hoe

Ek hou nogal van die nuwe iPhone: Maandag se bekendstelling van die nuwe iPhone (hy heet iPhone 4) het my opnuut laat besef hoe vatbaar mense vir suggestie en dinge wat blink is. En hoe briljant Apple is. Lees die res hier.

Verbanning van burka nie so eenvoudig

Verbanning van burka nie so eenvoudig

Vryheid. It goes both ways: Dit sal ‘n hartseer dag wees as enige land dit ooit oorweeg om die burka te verban – nie omdat burkas noodwendig ‘n goeie ding is nie, maar omdat die verbanning daarvan sal spreek van dieselfde soort meerwaardigheid en beterweterigheid wat dit in die eerste plek uit die weg probeer [...]

iPhone 4G dalk besonder oorskat

iPhone 4G dalk besonder oorskat

Apple. ‘Nuff said. Gereelde lesers van my blog sal weet dat ek nie veel ooghare vir Apple het nie – iets wat stam uit hul korporatiewe geheimhouding, disproporsionele lof vir hul eie produkte en amper Orwelliaanse kommunikasie met joernaliste. Hul produkte is meerendeels gemiddeld eerder as ongelooflik en is daar jaar na jaar derduisende aanhangers [...]

Dupliek van die linkse, uitverkoopte snotkop

Ek skryf met my linkerhand…of iets: Hoe durf ek – ‘n linkse, uitverkoopte snotkop – immers skryf dat daar nié ‘n horde moordlustige barbare iewers sit en wag vir die regte oomblik om op die weerlose, kaal Afrikaner toe te slaan nie? Hoe durf ek insinueer dat daar geen plaasmoorde is nie? Hoe durf ek [...]

Hersenskimme, Dan. Jou kop. Hy's vol daarvan.

Hersenskimme, Dan. Jou kop. Hy’s vol daarvan.

Van die meer kostelike kommentaar op my rubrieke by Nuus24 is dat ek “links”, “uitverkoop” of ‘n “volksverraaier” is. Die nuutste hiervan kom indirek van Dan Roodt af, wat in ‘n rubriek op Praag na aanleiding van my en ander rubriekskrywers se kommentaar meen: Op grond van die keuses en standpunte wat Naspers, sy direksie en [...]

Laat ons boosheid haat, nie mekaar

Wat het NP van Wyk Louw en Eugene Terre’Blanche in gemeen? Seker nie veel nie. Tog: Al sit ons met politici wat dikwels ‘die goud / meer liefhet as mooi-lewe’, al dikteer massahisterie en emotiewe irrasionaliteit juis dat ons na afloop van Terre’Blanche se dood vir mekaar moet kwaad raak en al sou ’n mens [...]