Johan Swarts » pyn

Môre as ons slaap gaan ruiters ons rats onthoof
Plasma.

So dan en wan kom 'n mens iemand teë wat vas oortuig is ons leef in die eindtye.

Dis tog duidelik aan die natuurrampe, oorloë en morele afvalligheid wat oral om ons aan ‘t toeneem is, verduidelik hy of sy gewoonlik, en dit bevestig alles wat in die Bybelboek Openbaring staan. Die maan sal binnekort soos bloed raak terwyl ruiters die mensdom rats onthoof. Almal wat nie in die regte god glo nie, sal in 'n bloedige armageddon omkom. Nie in die verre toekoms nie – sommer nou. Môre. As ons slaap. Rapture!

'n Mens kan hulle seker nie kwalik neem vir hierdie apokaliptiek nie, want op die oog af lyk dit wel of die sogenaamde “tekens van die eindtye” eksponensieel vermeerder het. Ons weet van meer natuurrampe, oorloë en immorele dade as wat ons 'n duisend jaar terug geweet het, nie waar nie? Die wêreld raak vrotter by die dag!

Nie heeltemal nie, nee.

Die wêreld was nog altyd vrot. Mense is nog altyd op die wreedste maniere moontlik vermoor (dink kruisigings). Natuurrampe het nog altyd groot bevolkings meedoënloos uitgedun (dink Vesuvius). Immorele vergrype was nog altyd in omloop (dink Nero). Wat verander het, is dat ons die vermoë ontwikkel het om van veel meer verwoestings en vergrype bewus te raak voor ons uiteindelik self die tydelike met die ewige verwissel. Daar is nie noodwendig meer probleme nie – ons weet bloot van meer van hulle.

Danksy die media (vae begrip, ek weet) wat dit vir meer as 'n eeu al hul werk maak om soveel moontlik nuus aan kykers en lesers op te dis, is daar geen tekort aan stories oor mense wat te nagekom word nie. Verkragtings, moord en doodslag, aardbewings, tsunamis, modderstortings – op enige gegewe oomblik kan 'n mens iewers in die wêreld van een of ander tragedie lees. Boonop het die afgelope paar jaar se popularisasie van die internet hierdie stories se verspreiding eksponensieel versnel.

Die storie van drie skoolseuns wat byvoorbeeld 'n vyftienjarige skoolmeisie onlangs bedwelm en verkrag het (so sinloos en verskriklik soos dit is), is nie tekenend van 'n nuwe soort immoraliteit nie. Sulke vergrype het waarskynlik al talle male in die verlede afgespeel. Die verskil is dat tegnologie dit vandag so uiters sigbaar maak dat 'n oorvloed van hierdie stories aan ons beskikbaar is. Die swernote wat dit 'n paar honderd jaar terug ook sou gedoen het, het nou selfoonkameras.

Dieselfde geld vir oorloë en natuurrampe. Die planeet se tektoniese plate het nog altyd rondgeskuif en mense het mekaar nog altyd vir grond en godsdiens uitgemoor. Wat in die verlede ongesiens verlore sou gaan, word vandag bloot akkuraat gedokumenteer.

Of ons in die sampioenwolk van 'n atoombom of onder 'n hoop klippe vergaan – die planeet was nog altyd maar 'n slaghuis. Om na tragedies te verwys en tot die gevolgtrekking te kom dat ons in die “eindtye” leef is lekker, want dit maak ons die hoofkarakters in 'n epiese storie waar Goed en Kwaad voor ons oë teen mekaar baklei en ons die kans gegun word om neerhalend na alles rondom ons te wys en te sê: kyk net hoe vrot!

In werklikheid was ons nog altyd vrot.

Moontlik verwante inskrywings:

Vandag, môre, nooit weer saam nie.

Goeie môre, my man, daar is koffie in die kan

Zuma se inhuldigingskoste nie iets om slaap oor te verloor nie

Cheer up, Emo Kid
So jy hou nie van God nie. Want hy’s brutaal. Hoe kan hy so brutaal wees? Jy weier om dit te glo! DIS SOMMER BELAGLIK!

Toe nie:

Om ongelowig te bly weens 'n afkeer aan die hel (of aardse pyn en lyding wat God volgens jou kon keer) is emosioneel gelaai en treffend, maar in wese niks meer as emosionele masturbasie nie.

Lees die res hier.

Moontlik verwante inskrywings:

Guns don’t kill people…

Die skoen pas al te goed

EMO/sioneel

Die waarde van Genesis
Die waarde van die skeppingsverhaal lê nie in die godsdienstige aard daarvan nie. Dit is nie veel van 'n ware verhaal nie – iets wat, die negasie-sonder-teenargumente-redenasies van kreasioniste ten spyt, redelik maklik afgelei kan word. Gewis is dit nie 'n diëgese van die eerste oomblikke van die heelal of 'n verduideliking vir die ontstaan van die duisende tale wat ons praat nie. Dit sê nie eers veel oor God nie. (Dit kan nie. Dis fiksie.)

Die waarde van Genesis lê daarin dat dit 'n menslike toestand beskryf wat ouer as die verhaal self is. 'n Toestand wat enigiemand kan verstaan, ongeag sy of haar herkoms.

Almal het krapmerke aan die binnekant.

Of jy nou kleintyd gemolesteer of geboelie is, geskei is, aan kort mannetjie-sindroom ly, familietwis moes deurmaak, iemand aan die dood afgestaan het, 'n aaklige ervaring met koue water gehad het kort na jou tweede verjaardag of bang is vir spinnekoppe – iewers word almal se onskuld weggekerf.

Dis 'n mitologie wat altyd aanklank sal vind: die idee dat alles eens piekfyn was, totdat iets aan flarde geslaan is.

Nes Adam en Eva in die paradys.

Die waarde van Genesis lê daarin dat dit 'n storie vertel wat maar al te bekend is. 'n Storie van pyn en die daaropvolgende lewenslange hunkering na dit wat eens was.

Everybody hurts.

Moontlik verwante inskrywings:

Verbeel jou jy glo nie in God nie

Laai gerus jou musiek af – jy doen (nagenoeg) niks verkeerd nie

Nag van die trolliemonsters!

Amper daar…
Danksy koffie.

Moontlik verwante inskrywings:

Fotokompetisie – skryf in en wen (amper) absoluut niks nie

Goeie môre, my man, daar is koffie in die kan

En daar was lemmas