Archive for rock
You are browsing the archives of rock.
Archive for rockYou are browsing the archives of rock. Snare van die Suburbs – Pollsmoor RSASnare van die Suburbs (‘n 3 piece band van die Bellville/Durbanville-omgewing) het onlangs drie snitte by Jo Ellis in Ladismith gaan opneem. Die musiek is ‘n welkome vars briesie tussen bands wat skynbaar net nie uit die Fokofpolisiekar-groef kan ontsnap nie. (Ons weet nou almal is kwaad vir die kerk, daar was toe nooit enige [...] Straatligkinders span die seile (en bars die ballon en gaps die roomys en rol die rolbal)Straatligkinders het Kurt Darren se Kaptein, span die seile gecover én ‘n video daarvoor opgeneem, waarin hulle as ou omies uit ‘n ouetehuis ontsnap en sporadies amok gaan saai. Dis die snaakste (en mooiste) ding wat ek in ‘n lang tyd gesien (en gehoor) het in Afrikaans. Die metalrige styl van rock (hoe’s daai vir [...] Le Roi Nel kerf ‘n vliegtuigFoto Na Dans se nuutste musiekvideo (“Natuurlik Verlig”, vanaf die album Pantomime op Herwinbare Klanke) is omtrent so surrealisties soos van hul eerste lirieke. Knap kinematografie en intelligente idees komplimenteer temas van verstedeliking en gesiglose kommunikasie. En Nel kerf ‘n vliegtuigie! Jou lewe is leër daarsonder: Waar is jou saait, dêmmit?Een van die nadraaie van die sogenaamde Web 2.0-revolusie is dat mense st00pid raak. Almal tik meer, maar sê minder. Massas en massas netwerkverkeer word afgestaan aan niksseggende statusboodskappe soos “Johan voel emo” of “Johan ek moes nooit dai chik gescore heti nou’t ek crabs chicks suxx!” (kyk nou net – kyk hoe offer ek [...]
Dood van ‘n musikoloog (‘n allegorie)Daar was eendag ‘n rockliefhebber wat nie van skinny jeans gehou het nie. Hy was ‘n musikoloog en kon nie verstaan waarom mense broeke aantrek wat hul onderlywe striem nie. Die een keer wat hy dit in ‘n klerewinkel gewaag het om ‘n paar aan te pas, het almal vir hom gelag. Bowendien het hy [...] Foto Na Dans doen dit weerEk het die nuwe Foto Na Dans gehoor en dis goed. Baie goed. Luister solank na die nuutste snit op hulle MySpace. Bouwer Bosch wys beenImposant – dis hoe ‘n mens Straatligkinders se nuutste musiekvideo (regie: Morgan Dingle, Kinematografie: Willie Nel) beskryf. Die video vir “Die avontuur van hartbreek” neem kykers op ‘n kliniese reis met skote wat in ‘n x-straalmasjien geskiet is. Die groep en hul instrumente word, letterlik, tot op die been ontbloot, met nabyskote wat veral die [...] Vernuftig oor die klippertjiesRock bly ‘n kuns. ‘n Goeie rocklied saam met ‘n goeie musiekvideo is netsoveel werd soos bekroonde literatuur of skilderye in gallerye. Die fout wat mense gereeld maak, is om rockmusiek as ‘n laer musiekvorm te beskou deur dit te vergelyk met iets soos ‘n simfonie. Myns insiens mis hulle die punt. Nes jy nie [...] Kaa kaa en kaaHa! Hier sit ek in die Cyber Ostrich, besig om na ‘n Tastic-rysadvertensie op E-tv te kyk. Onder andere is ek weer besig om ‘n paar kitaarspelers te beloer vir ‘n volgende aflewering vir die KKNK kitaarkanon, wat die legendariese Johnny’s Jazzband insluit. Oor rock (en die evangelie van m0sh)[3 van 3] |