Tag Archives: Stellenbosch

22 April 2009 – Ek, ontheemd

Nes Khaya Dlanga (YouTuber van formaat) het ek ook 'n negatiewe stemervaring gehad. Syne was traumaties, myne weemoedig. Ek het by 'n pragtige klein gemeenskapsaaltjie in Idasvallei, Stellenbosch gaan stem. Anders as die Stellenbosse stadsaal, waar mense tot twee ure in 'n ry gewag het om hul kruisies te trek, het dit my nie eers [...]

Posted in Politiek | Also tagged , , , , , , , , , | 10 Comments

Om vir die polisie toebroodjies te maak

Sê van hulle wat jy wil – die SR kom soms met goeie idees vorendag. Daar was byvoorbeeld die befaamde idee 'n paar jaar gelede om die serkaartjiery meer vaartbelyn te maak deur aan rystaanders 'n nommer op 'n kaartjie toe te dien. 'n Elegante idee wat lof verdien. (Sê: dankie, Kobus Ehlers.) So kan [...]

Posted in Matieland | Also tagged , , , , , , | 10 Comments

Bloed in die universiteitsbiblioteek op Stellenbosch

Gister terwyl ek in die J.S Gericke-biblioteek sit en werk aan my tesis, dam 'n ywerige bloeddruppel my by en druk 'n bloedskenkpamflet in my gesig. Dit was die oulikste bemarking wat ek in 'n lang tyd gesien het. Die druppel was vriendelik genoeg om vir 'n kiekie te poseer:

Posted in Matieland | Also tagged , , , , | 10 Comments

Stellenbosch brand…iewers

Iets iewers in Stellenbosch is besig om baie vinnig te brand. Sirenes loei naarstig op en af in die verte. Die hele kampus is besig om te versmoor in vuil rook en dwarrelende stukkies brandoorskot. Dis hoogskemer, maar die son sit nog netjies in die lug. Alles stink na brand en alles is bedompig – [...]

Posted in Matieland | Also tagged , | 11 Comments

Jy met die iPod, jy met die mes

Liefste eerstejaar, Jy wat sidder vir jou HK, jy wat glo jou koshuis is die gode se gawe aan die mensdom, jy wat blommetjies vou en vaak in Victoriastraat rondmarsjeer. Jy wat verlede jaar nog MK agter sekerheidshekke gekyk het of met 'n mes onder jou skoolbaadjie moes rondloop om seker te maak jy kom [...]

Posted in Matieland | Also tagged , , , , , , , , , , | 7 Comments