
Die probleem met Suid-Afrika is dat ons verskillende tale praat en mekaar dikwels glad nie verstaan nie. Die mooi van Suid-Afrika is dat ons verskillende tale praat en mekaar dikwels glad nie verstaan nie.
Wat beteken dit vandag om wit te wees? Wat beteken dit vandag om swart te wees? Het dit nog iets met ons velkleure uit te waai? Het dit iets met ons kulture te make? Ons taalgebruik? Ons persepsies oor onsself? Die manier hoe ons ouers hulself in die verlede omskryf het? All of the above? [...]
Ek is nie juis 'n groot aanhanger van die taaldebat op hierdie stadium nie (meestal omdat die huidige debat wat op publieke platforms heers nie meer die woord “debat” werd is nie) en hierdie inskrywing is nie 'n poging om 'n standpunt vir een of ander “kant” in te neem nie, maar dit het my [...]
Iets is nie Afrikaans omdat dit in ’n woordeboek is nie – dis in 'n woordeboek omdat dit Afrikaans is: “So waar as wragtig”, sal Santie verbaas murmureer: “cool is in die woordeboek!”. Jopie sal sy ken selfvoldaan lig. Altwee sal, heeltemal oortuig van die oppergesag van die magtige woordeboek, tevrede wees dat “cool” 'n volbloed [...]