Tag Archives: vakansie

Soms is dit lekker om dom te wees

obrigado thumb

“Obrigado! Obrigado!” Ons sit in ‘n skuit langs die kus van Mosambiek (die dorpie waar ons oornag, heet Vilankulos) en maak mildelik gebruik van die enigste Portugese woord wat ons regtig ken. Saam met ‘n ander paar toeriste wag ons opgewonde om by 'n rotsrif langs ‘n eiland te gaan snorkel.

Posted in Self | Also tagged , , , | 5 Comments

Nuwejaarswense van die Silwer Ponie vanuit Salzburg

Die Silwer Ponie hou vakansie in Salzburg en is volgende jaar weer op sy pos. Hy hoop julle het almal 'n wonderlike 2009. Hier is 'n foto van hom by die Mirabell Palace (hy hou die kamera vas):

Posted in Blogging | Also tagged , , , | 7 Comments

Opprop

My lewe bestaan tans uit luiwees (want dis na alle waarskynlikheid een van die laaste vakansies voordat ek in die sogenaamde grootmenswêreld invoeter) irritasies (want my Sony MainConcept lisensie het verval en ek kan nie my rou beeldmateriaal access en die babafilm klaarmaak nie) pret (ek speel weer Planescape Torment, seker een van die beste [...]

Posted in Self | Also tagged , , , | 13 Comments

Die wonder van wurms

Weens 'n wurm (die digitale soort) het ek gister my hardeskyf geformateer. Dis besig om 'n jaarlikse ritueel vir my te raak – rugsteun, formateer à la NTFS, kopiëer alles terug en staar in verwondering na al die leggers wat oor die bestek van 'n jaar op my hardeskyf geakkumuleer het. (Afrikaanse rekenaarterme is nié [...]

Posted in Self | Also tagged , | 1 Comment

i ar3 teh r0x0rz

Deel van 'n voorgraadse universiteitsvakansie is dat jy elke dag kan doen net wat jy wil. Ek het die geleentheid aangegryp om tussen my besete oefenskedule deur (virtuose kitaarstukke leer nie hulleself aan nie, jy weet…) ’n bietjie op WikiPedia te gaan oplees oor 1337-speak. Dis nogal snaaks om te sien hoe die informele dialek wat gamers regoor die wêreld [...]

Posted in Sommer | Also tagged | Leave a comment